Fiksie
Somtotaal
Anchien Troskie
HUMAN & ROUSSEAU, R250
Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam grootgeword op ’n afgeleë plaas in die Oos-Kaap.
Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. En nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al ’n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester.
Sy word die oggend wakker van ’n droom waarin sy en Nonthando tol en tol en tol, haar maatjie ál verder weg van haar. Met die wakker word is die wete meteens helder: so kan sy nie aangaan nie, nie met die geheime wat sy met haar saamdra nie. Dit moet ’n einde kry.
Publikasiedatum: 20 April.