Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Vrystaat Kunstefees bied weer RSG Blokraaitoernooi aan
Die RSG Blokraaitoernooi word vanjaar weer op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein aangebied. Die fees duur van 18 tot 22 Julie en die blokraaiers spook sake op 21 en 22 Julie uit.

As jy wil toets hoe goed jy met die invul van blokraaisels is, moet jy aan die RSG Blokraaitoernooi deelneem wat vanjaar die tweede keer op die Vrystaat Kunstefees aangebied word.

Dit gaan oor woordkennis én spoed en die een wat die meeste punte versamel, word as die land se blokraaikampioen gekroon. Dit is die enigste toernooi vir Afrikaanse blokraaiers in die land.

Deelnemers moet op 21 Julie in Bloemfontein wees om aan die uitdunrondes deel te neem waarvoor elkeen drie verskillende soorte blokkiesraaisels moet invul. Punte word volgens ’n formule toegeken wat spoed en korrektheid in berekening bring.

Die tien topdeelnemers dring deur na die halfeindronde op 22 Julie, waarna die topdrie in die eindstryd sake sal uitspook.

Volgens Albe Grobbelaar, die Bloemfontein-verteenwoordiger van XWord wat die blokraaisels opstel, kan belangstellendes aan meer as een uitdunronde deelneem vir ’n beter kans om die eindronde te haal.

Die idee vir die toernooi het ontstaan by Anina Roux van XWord, ’n maatskappy wat meer as 30 jaar al blokraaisels vir koerante, tydskrifte en webwerwe saamstel.

Verlede jaar het mense van so ver as Kaapstad, George en selfs Namibië hul blokraaisel-vaardighede hier beproef.

Ilse van Hemert van Pretoria was Suid-Afrika se eerste blokraaiselkampioen, Jo Hiemstra van Bloemfontein was die naaswenner en nog ’n Pretorianer, Willie Pretorius, was derde.

Voornemende deelnemers moet hul naam, selfoonnommer en e-posadres stuur aan Grobbelaar by albe@bfn.co.za.

Dit kos R100 om deel te neem en is betaalbaar by die lesinglokaal, Suidblok 1, op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Die kampus is die hart van die Vrystaat Kunstefees wat vanjaar die 17de keer aangebied word.

Meer inligting is te kry by www.xword.co.za.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.