Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Waardevolle bydrae tot SA

Dawie de Villiers

Dawie de Villiers en Chris Schoeman

ZEBRA PRESS, R300

Niefiksie

Dawie de Villiers het, gemeet aan ons gewone mense se maatstawwe, ’n merkwaardige lewe gelei. Hy het amper te veel dinge gedoen om in een sin op te som: Springbok-kaptein, dominee, universiteitsdosent, politikus, diplomaat, minister, onderhandelaar en wêreldreisiger as adjunk-sekretaris-generaal van die World Tourism Organisation.

Daarby het hy sy openbare lewe geleef in vier van die mees deurslaggewende dekades in die moderne geskiedenis van Suid-Afrika, van die 1960’s tot 2000’s. Hy het dus ’n storie om te vertel – en boonop een wat baie van sy landgenote interessant sal vind, veral omdat die enigste ander boek oor hom net sy rugbyloopbaan gedek het en so lank gelede as 1972 uitgegee is.

Sy rugbyloopbaan maak ’n belangrike deel uit van sy outobiografie en sal menige rugbyliefhebber boei, hoewel daar nie juis opspraakwekkende onthullings is nie.

Maar jy gaan die boek nie koop nie om ou bekende rugbyverhale of De Villiers se reisbeskrywings te lees nie. Jy gaan dit koop om oor die moderne politieke geskiedenis te lees. En jy sal nie teleurgestel word nie.

De Villiers was een van die verligtes wat die land sedert die vroeë 1970’s van binne die Nasionale Party (NP) uit die doodloopstraat van apartheid wou lei. Dit was by tye bra moeilik en De Villiers is oortuig die NP kon vinniger van apartheid wegbeweeg het.

Dit tref ’n mens opnuut hoe verdeeld die NP deurentyd was, selfs ná die regse skeurings en die referendum-oorwinning van 1992.

Maklik was dit steeds nie. Daarvan getuig van die ministers se argwaan teenoor die onderhandelingsproses.

Dié verdeeldheid was ook ’n kenmerk tydens onderhandelinge oor die nuwe Suid-Afrika, en volgens De Villiers was daar in ’n stadium net vier ware verligtes in die party: hyself, Leon Wessels, Roelf Meyer en Fanie Schoeman. Gelukkig het hulle die steun van FW de Klerk gehad en kon hulle ’n groter invloed op die onderhandelingsproses uitoefen.

Maklik was dit steeds nie. Daarvan getuig van die ministers se argwaan teenoor die onderhandelingsproses. Van hulle het glad nie, of laat, vir vergaderings opgedaag of vroeg padgegee, skryf De Villiers. Hy vertel ook van ander politici, soos byvoorbeeld die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, “ ’n onvoorspelbare, nukkerige man met wie dit moeilik was om te onderhandel”.

Vertellings en beskrywings soos dié, en daar is nog baie ander, maak van Dawie de Villiers – My Lewensreis: Springbok, Politikus, Diplomaat ’n waardevolle bydrae tot die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Gert van der Westhuizen is Stemme-redakteur by Netwerk24.
Meer oor:  Dawie De Villiers  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.