Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Wanneer jou suster ’n mak krokodil is

Kinder- en Jeugfiksie (9-12)

Grilgrypers 5

Die groen watergraf

De Wet Hugo

HUMAN & ROUSSEAU, R150

Ek onthou toe ek kleiner was, het ek saam met my ouers na ’n krokodilplaas gegaan. Dit was skrikwekkend omdat die krokodille so gevaarlik gelyk het. Die ding van krokodille is as hulle onder die water verdwyn, kan jy hulle nie sien nie, maar jy weet hulle is daar.

Toe ek groter was en kon lees, het ek ’n feiteboek gelees en uitgevind dat daardie krokodil wat ek by die plaas gesien het, nie eens ’n grote was nie!

Toe lees ek hierdie boek, Grilgrypers: Die groen watergraf. En ek was geskok om te sien dat die krokodil in dié boek nog baie groter was as al die ander krokodille in die feiteboek. So as jy bang is vir reptiele, gaan dié boek jou slapelose nagte gee.

Wian bly in ’n kinderhuis. Hy is baie bang vir reptiele.

Hy was bly toe hy hoor iemand gaan hom aanneem! Waaroor hy nie bly is nie, is oor sy nuwe, bangmaak-familie, die Groenewalds, en sy nuwe broer, James, ’n kind wat lyk soos ’n ongeluk in ’n laboratorium. Voor in die boek is ’n prent van hom, en hy lyk regtig so.

Toe ontmoet hy sy nuwe “suster”, Cornelia, ’n vreesaanjaende krokodil met slagtande. Met sy eerste bekendstelling aan haar, probeer sy al klaar om hom op te vreet! ’n Ander baie slegte ding is dat hy saam met die grootste boelie in die kinderhuis aangeneem is en by hierdie aaklige gesin beland het.

Dit is eintlik nogal ’n hartseerstorie en mens kry die hoofkarakter jammer. Ek het gewens dat daar iets goeds met hom sal gebeur. Maar ek gaan nie kan verklap of daar toe op die ou end hét nie. Jy gaan nie krokodiltrane huil nadat jy die boek gelees het nie. Miskien gaan jy regte trane huil, maar ek gaan nie vertel hoekom nie.

Johannes Meyer is in gr. 6 aan die Laerskool Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.