Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Warm op die rak in September

Die vertes in

Zirk van den Berg

Historiese Fiksie

KWELA, R295

Vyf karakters se lot vervleg op spannende wyse in dié jongste roroman deur Zirk van den Berg.

Die leser word na Duits-Suidwes-Afrika, 1905, meegevoer om ’n tengerige Siegfried Bock, die Jodin Lisbeth Löwenstein, Mordegai Guruseb, ’n Damaraman, die dokter Albert Pitzer en vir Alvaus Luipert, ’n skoolmeester en Namaleier, te ontmoet.

En onder draai onder meer die Duitse uitwissingsbevel teen die Herero’s en die onderdrukking van die Namas rond . . .


Sondag

Irma Venter

Misdaadfiksie

HUMAN & ROUSSEAU, R275

Twee misdade.

Sondag. Kersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word die bekende sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat.

Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos en kapt. AJ Williams van die Brooklyn-speurtak moet inspring om te help.

Dan is daar die 17-jarige Martina Buitendag van Stilfontein wat vermis word.

En ’n verslete tas met R20 000 kontant en ’n handvol foto’s.


Stof

Alettie van den Heever

Toekomsfiksie

QUEILLERIE, R290

Stof is ’n subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans.

Dié debuut spruit uit ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.

Die verhaal speel af in 2081: dié wat oor is in die Wes-Kaap word gelooi deur die groot honger nadat al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son.

Plantsaad word in 2081 streng beheer deur die “regime”.


Ek kom terug

Adriaan van Dis

Vertaal deur Daniel Hugo

Fiksie

PROTEA, R220

Ná ’n lang lewe van swye en uitsluiting begin ’n moeder skielik met haar seun praat – aarselende ontboesemings oor grensoorskrydende liefde, verraad en drie oorloë.

Hy, ’n romanskrywer, mag haar biograaf word, maar daar is ’n voorwaarde: Hy moet haar ’n sagte dood besorg.

Ek kom terug is ’n boeiende tragikomedie oor die onstuimige lewe van ’n vrou wat terugkyk op haar eeu.


Tebatso gaan see toe

Maya Fowler

Fiksie

PROTEA, R190

Dis die Desembervakansie van 1983-’84. Daar is troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word met toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie.

Tebatso, self ’n enkelma van drie kinders, is so te sê ’n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk.

By die see word Tebatso – en die leser – uitgedaag om met nuwe oë na die wêreld te kyk.

Meer oor:  Nuwe Vrystellings  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.