Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Wil jy gelukkiger wees? Luister dan saam!
Die Blydskap-projek

Antieke wysgere en moderne wetenskaplikes krap eeue lank al kop oor hoe ’n mens op jou gelukkigste kan wees. Die afgelope paar jaar is daar ál meer konkrete antwoorde.

So, wat kan ’n mens daadwerklik doen om ’n bietjie gelukkiger te wees?

Dís wat Netwerk24 se eerste podsending, Die Blydskap-projek, gaan uitpluis.

Johannes de Villiers.
Johannes de Villiers.

Johannes de Villiers, skrywer van die boek Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n gelukkige lewe, bied dié podsending aan waar hy met lesers nuwe bevindings uit die positiewe sielkunde gaan deel.

“Ons gesels ook oor die ou tegniek van mindfulness. Hopelik kan dit ons almal help om so ’n bietjie meer tuis in ons eie lewe te voel,” sê De Villiers.

LEES OOK: Wat maak jóú gelukkig?

De Villiers was ’n joernalis by Rapport, Die Burger en Huisgenoot. Hy is ’n voormalige dosent aan die departement van joernalistiek by die Universiteit Stellenbosch, ’n meditasie-instrukteur asook die eienaar van ’n joga-ateljee.

Die podsending bestaan uit agt episodes. ’n Nuwe episode word elke Maandag op Netwerk24 gepubliseer.

Intekenare kan op 2 Maart na die eerste episode luister. Elke episode is ongeveer 20 minute lank.

Die volgende temas gaan bespreek word:

  • Week 1 (2 Maart): “Welkom by Die Blydskap-projek!”
  • Week 2 (9 Maart): “Mindfulness: Kom tuis in jou eie lewe.”
  • Week 3 (16 Maart): “Troukoors: Moet ek ’n ring aan my vinger hê om gelukkig te wees?”
  • Week 4 (23 Maart): “Die towermag van vriendelikheid” (met Ivor Price)
  • Week 5 (30 Maart): “Ek is omring deur poepholle! Wat nou?”
  • Week 6 (6 April): “Blydskap in die grysheid: Die geheim van gelukkig oudword”
  • Week 7 (13 April): “Gelukkige pikkies” (met Winnie Rust-Nel)
  • Week 8 (20 April): “Blydskap in die aangesig van die dood”

“Mense is immer op soek na positiewe emosies en miskien nog meer so in ’n tyd waarin ons nooit kan wegkom van die wêreld se probleme nie,” sê Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, oor die podsending.

RESENSIE: Lees hier na 'n resensie van De Villiers se boek

“Met hierdie ‘meesterklas’ oor blydskap, aangebied deur die energieke en lewensblye Johannes de Villiers vir wie die onderwerp ’n passie is, wil ons mense prakties toerus om die vreugde in elke dag te vind. Ons lesers hou van luisterinhoud, soos duidelik blyk uit die gewildheid van ons maandelikse luisterboeke. Ons is bly dat ons webwerf ons die geleentheid gee om op hierdie manier met hulle te kan gesels.”

Wat is ’n podsending?

’n Podsending is soos ’n radioprogram waarna jy aanlyn kan luister.

Waar kan ek na hierdie podsending luister?

Slegs intekenare van Netwerk24 gaan na Die Blydskap-projek kan luister. Klik hier om in te teken op Netwerk24.

Meer oor De Villiers se nuwe boek

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Maak nóú ruimte vir blydskap, kom tuis in jou vel ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk dan hoe dinge in plek begin val.”

Lewensvreugde is moontlik vir elkeen. Met praktiese wenke – van meditasie tot stappies in die buitelug – en raad deur kenners wys hierdie boek hoe dinge soos leefstyl, ouderdom, huwelikstatus, inkomste en selfs jou hond jou luim beïnvloed. Johannes de Villiers, ’n kenner van meditasie en mindfulness, het vreugdevolle mense op onverwagse plekke gaan opsoek – in kloosters, in ’n voormalige oorlogsone, in ’n Suid­Afrikaanse tronk – en dié mense gevra hoe hulle dit regkry om gelukkig te wees. Elkeen kon ’n blyer blik op die lewe aanleer: Jy kan ook.

“’n Wekroep tot deernis, stilte én aksie … Hierdie boek kan werklik jou lewe verander.” – Erns Grundling

Wil jy die boek koop?

Blydskap - Mindfulness-wenke vir ‘n vreugdevolle lewe is teen R275 by alle goeie boekwinkels te koop.

Lesers kan dit ook aanlyn by TakeAlotUpper Case BooksExclusive Books en Loot koop.



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.