Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Willem Krog ‘spekuleer oor toekoms’ in nuutste roman

Die betreklike eensaamheid wat tegnologie die mens besorg, vind neerslag in Willem Krog se distopiese roman Alleen onder die maan, wat volgende jaar deur Jonathan Ball uitgegee word.

“Ek dink nie ek is so gek oor die woord ‘distopie’ nie,” sê Krog, wat uit ’n familie van skrywers kom.

Alleen onder die maan
Willem Krog

“Ek sluit my aan by Margaret Atwood (die Kanadese skrywer wat onlangs die Bookerprysprys vir letterkunde gewen het) wat sê die beter beskrywing is ‘spekulatiewe fiksie’. Jy spekuleer oor hoe die toekoms gaan lyk.”

Sy verhaal speel gedeeltelik op die Krog-familieplaas in die Vrystaat af.

Sy ma is Dot Serfontein, die skrywer en essayis, sy suster is die digter Antjie Krog, en haar seun Andries Samuel se debuutdigbundel, Wanpraktyk, het in 2011 verskyn.

Die 80-jarige Jaco, hoofkarakter in Krog se Alleen onder die maan, kyk terug na ’n dag in sy lewe toe die eerste maanlanding in 1969 plaasgevind het.

Jaco was ook die hoofkarakter in Krog se debuutroman, Jacobus, wat in 2011 die lig gesien het.

“Nou figureer hy op twee vlakke,” sê hy.

“Hy is self in die toekoms in en hy kyk terug. Dan het ek ’n nuwe karakter geskep; ’n seun van hom by wie hy nou in die moderne samelewing woon. En die seun gee ook ’n narratief van hoe hy die nuwe wêreld ervaar en hoe hy sy pa in die nuwe wêreld ervaar.”

Willem Krog
'Alleen onder die maan' deur Willem Krog.

Krog fokus minder op tegnologie, want die boek is nie wetenskapsfiksie nie.

“Dit gaan meer oor hoe ek reken die menslike komponent op hierdie goed in die toekoms gaan reageer, en ek maak ’n gevolgtrekking. Vandag bevind almal, en veral die ouer mense, die huidige tegnologie onthutsend, want goeters wat in die verlede lank geneem het om te doen, doen jy nou elektronies binne ’n paar minute. Dit is ’n groot aanpassing. Ek probeer dit weergee soos wat ek dink dit in die toekoms gaan uitspeel.”

Krog, ’n regsgeleerde, het ook in 2014 die digbundel Assignaat uitgereik. Sy eerste publikasie was die regsboek Constitutional Practice and Cases.

Weens die eise wat sy werk aan hom stel, het hy die afgelope paar jaar deeltyds aan Alleen onder die maan geskryf.

“Dis ’n lang proses, want ek moes my vaardighede verbeter. Ek wou dieper skryf as wat ek met Jacobus het. Die stelling wat ek eintlik maak, is dat dit wat jy vandag as polities ervaar, in die toekoms totaal irrelevant sal wees. Partypolitiek en daardie soort goed speel nie ’n rol in die boek nie. Dit is ’n breë onderwerp. Ek bly nog op die oppervlak daarvan. Ek kan hopelik die tema neem en in die vervolg ’n bietjie dieper duik.”

* Alleen onder die maan word volgende jaar op die US Woordfees (6 tot 15 Maart) in Stellenbosch bekend gestel. (Attwood deel vanjaar se Bookerprys met Bernadine Evaristo skrywer van Girl, Woman, other.)

Meer oor:  Willem Krog  |  Alleen Onder Die Maan  |  Prosa  |  Gedigte  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.