Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Winckler laat tone krul tot in die bad

’n Liedjie vir Anine

Elsa Winckler

LUX VERBI, R170

Elsa Winckler het amper meer boeke geskryf as wat baie lesers gelees het en het drie Woordveertjies vir haar romanses gewen.

’n Liedjie vir Anine is deel van ’n reeks oor die Breedt- en Vos-families. Dié titels is effens lywiger as “gewone” romanses en het ’n Christelike inslag.

Vir hierdie roman het Winck­ler die wêreld van Afrikaanse popsangers as agtergrond gekies – baie slim, gesien die gewildheid van sangers in hierdie genre. Met dié dat Winckler se seun, Heinz, self ’n sanger is, was so ’n storie-agtergrond amper natuurlik.

Zander Breedt moet liedjies vir sy nuwe album skryf, maar kan met niks vorendag kom nie. Dié probleem het opgeduik nadat hy Anine Vos, ’n “ernstige” joernalis, op ’n Kersfeesbyeenkoms gesien het.

Die lirieke en musiek vloei wanneer hy by haar is. Anine is nie beïndruk met sangers van “oppervlakkige” liefdesliedjies nie, maar Zander bedink allerhande planne om by haar te wees.

Voeg daarby ’n wulpse group­ie met wie Zander nie in die bed wil spring nie, ’n wit Mercedes wat Anine agtervolg en haar onvermoë om haar suster se gewelddadige dood te verwerk en jy sit met ’n heerlike storie-ervaring. Dis maklik om op die karakters verlief te raak. Die storie lees maklik: Jy wil nie oor woorde struikel wanneer jy met ’n romantiese verhaal in die bed of bad klim nie.

Die geestelike sy voel effens “bygesleep” en Heinz Winckler se liriek vir ’n Liedjie vir Anine – strofes word deurgaans aangehaal en verskyn volledig agter in die boek – is gewoon laf. Maar voeg musiek en Heinz se bottergladde stem by – luister na die liedjie op Lux Verbi se webblad – en jou vooroordeel verdwyn.

Jy sal ’n Liedjie vir Anine vir ’n leesgierige buurvrou of niggie wil leen: Jy kan nie anders as om dit te geniet nie.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.

Meer oor:  Fiksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.