Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Winnie Rust gedenk met skryfwerksessie
Kerneels Breytenbach

Die eerste Winnie Rust-skryfwerksessie word in Februarie volgende jaar in Stilbaai aangebied.

Tien aspirantskrywers kan vir vyf dae, net voor die Woordfees in Stellenbosch, leer, oefen en aantekeninge met ander deelnemers en gepubliseerde skrywers uitruil.

Volgens Frederik de Jager, een van die stigters van The Talking Table-inisiatief, wat die werksessie aanbied, hoop hulle om dit ’n jaarlikse geleentheid te maak.

“Ons is goeie vriende met die Rusts en haar dood het ons diep geraak,” sê De Jager. Rust is op 11 Mei verlede jaar vermoor in haar huis in Wellington aangetref.

Ingrid Winterbach

“Toe ons begin werk aan die plan om ’n werksessie by die see in Suid-Afrika aan te bied, het die gedagte spontaan ontstaan dat haar verbintenis met Stilbaai ’n natuurlike geleentheid skep om haar deur so ’n werksessie te gedenk.

“Die familie het dadelik ingestem en ons het die gebruik van haar huis, Lenatjie, aan die waterkant van Stilbaai, gekry.”

De Jager en sy vennoot Douw Steyn het aan die begin van 2016 na Lesbos in Griekeland verhuis en daar het die gedagte vir The Talking Table ontstaan.

“Ons het die eiland toe reeds goed geken. Die gedagte was etes aan ’n lang tafel met goeie gesprekke tussen mense van baie kulture, soos ons in die verlede dikwels hier ondervind het.

“Ons het ’n ou Turkse herehuis in die dorp gevind, waar ons ons gaste huisves.”

Eben Venter

Vir die Stilbaai-werksessie, wat van 23 tot 28 Februarie duur, is mense in die hande van Kerneels Breytenbach, Eben Venter en Ingrid Winterbach.

Benewens basiese skryftegnieke en tegniese aspekte wat deur dié deurwinterde skrywers aangebied sal word, sal Breytenbach ook onder meer fokus op die uitgewersbedryf en hoe skrywers die uitgewers moet benader.

*Belangstellendes kan skryf aan info@thetalkingtable.com.

Besoek ook die webwerf: thetalkingtable.com.

Meer oor:  Kerneels Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.