Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Woeste verhaal galop teen flink pas

Jeugfiksie

Sindikaat

Annerle Barnard

TAFELBERG, R195

Annerle Barnard se Sindikaat is die naaswenner in vanjaar se Sanlamprys vir jeuglektuur.

Dis ’n woeste boek hierdie, nie vir sissies nie. Paul, die hoofkarakter, is beslis nie ’n sissie nie.

Nadat Paul deur ’n sindikaat ontvoer is én toevallig op ’n smokkelary afgekom het, word hy soos goud opgepas. Paul se pa het vir hom ’n persoonlike lyfwag aangestel: Bossie, die oud-recce met die donker verlede en broeiende oë. Paul kan letterlik nêrens heen gaan sonder dat Bossie se skaduwee oor hom val nie.

Die sindikaat hou Paul dop en intimideer hom, onder meer deur die gesin se troeteldiere te probeer uitwis. Paul en Bossie vlug Afrika in, na waar die sindikaat hulle nie sal kan opspoor nie: Zimbabwe, Zambië en Namibië. Adriaan en die wulpse Karlien, Paul se vriende, foeter saam.

Om elke hoek en draai word hulle voorgelê. Die poppe dans.

Maar die sindikaat se oë is steeds op hulle. Om elke hoek en draai word hulle voorgelê. Die poppe dans. As dit nie vir Bossie se Boservaring was nie, was hulle dood. Maar Bossie word bygestaan deur die drie jongelinge, veral Paul, wat toenemend sy staal wys. Die vuiste en skote klap. Daar is verraad, gevegte tot die dood toe en mensvreterkrokodille. Die spanningslyn is amper ondraaglik.

As spanning en avontuur jou “ding” is, kan jy gerus nader staan. Jy hóú van die karakters (die bloeddorstige Chinese natuurlik uitgesluit) en hou duim vas dat hulle hul ontberinge oorleef. Jy beleef die een avontuur ná die ander sáám met hulle. Die verhaal galop teen ’n flink pas. Die taalgebruik is in die kol en daar is volop kwinkslae, soos: “Karlien (…) soen hom. En dis nie net lip service nie.”

Die dialoog is vars en geloofwaardig en knetter soos ’n AK-47 en heeltemal in pas met hoe vandag se jong mense praat. Die ruimtelike beskrywings, veral die Afrika-boendoes, is goed en die leser vaar sáám met die karakters Donker Afrika binne.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes

Meer oor:  Sindikaat  |  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.