Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
'Yeomen of the Karoo' wen boekprys
Yeoman of the Karoo wat onlangs weggestap het as die wenner tydens die 2017 Boekbedonnerd Booktown Festival.

Drie skrywers se boek Yeomen of the Karoo, is onlangs as die wenner by die 2017 Boekbedonnerd Booktown Festival in Richmond in die Karoo aangewys.

Die boek, wat deur Rose Willis, dr. Arnold van Dyk (albei van Bloemfontein), en prof. Kay de Villiers geskryf is, vertel die storie van die grootste, mees gesofistikeerde hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog.

Dit was ’n private Britse hospitaal onder militêre beheer en het gepaardgegaan met sowel opoffering as mediese vordering en kamaraderie.

Van Dyk sê die kompetisie, wat nou vir die derde keer aangebied is, is enig in sy soort in Suid-Afrika.

“Dit staan ook bekend as die 2017 SA Independent Publishers Awards, wat vir self gepubliseerde boeke in 17 verskillende kategorieë is.”

Die pryse is op 25 Oktober oorhandig.

“Die boek het met verskeie finaliste meegeding en het as wenner van die mediese kategorie uit die stryd getree.

“Dit is ook aangewys as gesamentlike algehele wenner saam met How Heather Got Her Hatness Back deur Heather Coxtaras en Hari Pottermari deur prof. Ashwin Desai.”

Dr. Arnold van Dyk
Rose Willis
Prof. Kay de Villiers
Meer oor:  Richmond  |  Boeke  |  Toekenning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.