Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Zephany Nurse stort hart uit in boek oor haar lewe

Zephany Nurse (22), wat in 1997 as baba uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, se boek oor haar tragiese lewensverhaal is Dinsdag uitgereik.

Die boek oor Zephany Nurse se tragiese lewensverhaal.Foto: Verskaf

Die ontvoering van baba Zephany uit die bababed langs haar ma se hospitaalbed, het Suid-Afrika aangegryp en haar desperate ouers het gepleit dat sy veilig terugbesorg word.

Nurse, wie se grootword-naam Miché Solomon is, mag nou haar regte naam bekend maak nadat die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag beslis het dat die tussentydse interdik teen die bekendmaking van haar naam opgehef word. Lees ook: Zephany Nurse wil haar regte naam bekend maak

Zephany se biologiese ouers, Celeste en Morné Nurse (van wie sy gesteel is) het haar in 2015 op 17-jarige ouderdom gevind.

Haar ontvoerder en grootmaakma dien tans tronkstraf uit nadat sy in Augustus 2016 tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Zephany het saam met die skrywer Joanne Jowell aan Zephany – Twee ma’s, een dogter, die boek oor haar lewensverhaal, gewerk.

Die boek is uitgereik kort nadat die hof Zephany toestemming gegee het om die naam waarmee sy grootgeword het, te onthul.

NB-Uitgewers het kort ná die hofuitspraak haar naam en die boekomslag onthul.

In die boek beskryf Zephany hoe swaar dit was om te sien hoe vyandig mense teenoor haar grootmaakma was nadat dit aan die lig gekom het dat sy Zephany gesteel het.

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek . . . Dit het my gebreek.

Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek . . . Dit het my gebreek.

“Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem,” vertel sy in die boek.

17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid – terwyl sy ’n klipgooi van die Nurse-gesin af gebly het as Miché Solomon.

Miché (nou 22) vertel met verstommende volwassenheid, eerlikheid en deernis vir die eerste keer haar storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

* Tafelberg is die uitgewer van Zephany. Dit kos R260.

Meer oor:  Tafelberg  |  Zephany Nurse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.