Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Bohnen wen met Blum-vers
René Bohnen

Die poësiewebwerf Vers­indaba het die name van die wenners van sy lykdigkompetisie bekend gemaak.

Deelnemers moes ’n ­ongepubliseerde Afrikaanse gedig oor ’n ontslape digter inskryf.

René Bohnen is die wenner van die eerste prys ter waarde van R2 000 met die gedig “Peter Blum”.

Die tweede prys van R1 500 gaan aan Dominique ­Botha vir haar ­gedig “I Always Loved the Wildest Things Best” oor Eugène Marais.

Marius Crous het die ­derde prys van R1 000 ­losgeslaan met sy “Lykdig vir Wislawa Szymborska”.

Louis Jansen van Vuuren het eervolle vermelding en R500 ontvang vir sy gedig “Maak Dit ’n Dubbel” oor D.J. Opperman en Arthur Rimbaud.

Die beoordelaars was Marlies Taljard, Joan Hambidge en Louise Viljoen.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.