Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
DIE TESTAMENT: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter

Rolanda Marais speel die rol van Annchen in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament. Sy gesels met Netwerk24 oor haar karakter, haar dogtertjie en die toekoms van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Rolanda Marais speel die rol van Annchen Weyers in
Rolanda Marais speel die rol van Annchen Weyers in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament.

1. Vertel ons van jou karakter in Netwerk24 se sepie, Die Testament. Wat maak hierdie karakter interessant?

Annchen is ’n argitek wat terugkom ná haar pa se dood om bande met haar twee broers te smee en die vrede tussen hulle probeer bewaar. Sy is ’n interessante balans tussen sterk, selfversekerd, sensitief en sag.

GROOT NUUS! Aanlyn blitssepie begin eersdaags op Netwerk24

2. Hoekom dink jy moet Netwerk24 se lesers Die Testament kyk?

’n Mens hoef nie te commit om vir ’n uur of selfs ’n halfuur op ’n dag ’n storie te volg nie. Dis vyf minute ’n dag wat ’n mens letterlik in die supermark se ry kan kyk of in daardie paar minute voordat jy die kinders by die skool oplaai.

3. Wat dink jy van die feit dat hierdie sepie net aanlyn beskikbaar is?

Ek lees die nuus op my foon. Ek google resepte en lees my e-pos. Ek doen basies alles aanlyn. Dit maak eenvoudig net sin om hierdie tipe opvolgverhaal aanlyn beskikbaar te hê.

Rolanda as Annchen.
Rolanda as Annchen.

4. Jy en jou man, Jozua Malherbe, werk in die vermaaklikheidsbedryf – jy as aktrise en hy as vervaardiger en regisseur. Is dit soms moeilik as julle al twee van die huis af weg moet wees?

Ja, dit is baie moeilik met ons skedules om ’n “normale” huisopset te hê, veral noudat ons ’n tweejarige het met haar eie skedule. Jozua het nou onlangs die fliek Griekwastad weg van die huis af geskiet, terwyl ek met ’n reeks besig was. Dit was maar moeilik om tyd vir mekaar te maak.

5. Jou dogtertjie, Charlotte, is pragtig! Wat is die grootste les wat jy as ma die afgelope twee jaar geleer het?

Maak nie saak wat jy doen nie – of jy by die werk is en of jy by die huis is saam met jou kind – jy gaan altyd skuldig voel oor iets. Ek moes leer en is steeds besig om te leer om nie so kwaai met myself te wees nie.

6. Vertel ons van Charlotte se persoonlikheid. Na wie aard sy – na jou of Jozua?

Charlotte is ’n volmaakte mengsel van my en Jozua. Die probleem is net ons is albei effens aweregs en onkonvensioneel in ons denke en is lekker hardkoppig . . . Maar sy is definitief meer van ’n introvert as Jozua. Sy kyk ’n mens eers goed uit voordat sy jou vertrou. Ek is ook so, terwyl Jozua baie meer sosiaal is.

7. Jy is vanjaar op die verhoog in Koningin Lear, op die grootskerm in Die seemeeu en nou in Netwerk24 se sepie te sien. Wat verkies jy – teater, flieks of televisie?

Dit hang regtig af van die teks en die tipe karakter wat ek speel.

Rolanda Marais
Rolanda speel teenoor Nico Panagio en Andahr Cotton in Die Testament. Sy speel die rol van die vredemaker-suster, Annchen. Nico Panagio is haar ouer broer, Bastian, en Andahr speel die rebelse laatlamboetie Jacques.

8. Annchen, die rol wat jy in Die Testament speel, is die vredemaker in haar gesin. Sy probeer harmonie tussen haar broers bewerkstellig. Watter rol speel jy in jou gesin? Is jy ook die vredemaker?

Ek is definitief iemand wat wegskram van konfrontasie. Ek hou niks van baklei of argumenteer nie. Ek het in ’n huis grootgeword waar almal mekaar met geduld en respek hanteer het, so enigiets anders maak my baie ongemaklik. In daardie opsig is ek baie soos Annchen.

9. Wat is jou gunstelingrol wat jy al gespeel het en hoekom?

Nina in Die seemeeu was ’n geweldige komplekse rol. Dit het my uitgedaag om na my seerste, donkerste hartkamers te gaan. Dit was uitputtend, maar ongelooflik terapeuties ook.

10. Hoe lyk die toekoms van Afrikaanse drama, teater en flieks vir jou?

Die Afrikaanse kultuur is besig om homself te herdefinieer. Al hoe meer eg Afrikaanse stories word vertel en ek voel lucky om deel te kan wees van die renaissance. Teater sukkel maar steeds, want ons het nie meer ’n kultuur van teater toe gaan nie,en dis vir my hartseer, want daar is iets omtrent die onmiddellike ervaring en magic van teater wat televisie en flieks nie kan bied nie.

DIE TESTAMENT: Ons kuier agter die skerms

Die Testament op Netwerk24

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

DIE TESTAMENT: Familie-intrige in NW24 aanlyn blitssepie

Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemaker-suster, die rebel van ’n jonger boetie, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle . . .

Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk

Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

Meer oor:  Rolanda Marais  |  Dietestament
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.