SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Celebs
2018: ’n Jaar van glans, koninklike troues en #MeToo
Vanjaar het die koninklikes opnuut glans aan die wêreld verleen met twee troues, die geboorte van nog ’n prins en prins Charles se 70ste verjaarsdag. In Hollywood het fabelagtige uitrustings en die #MeToo-veldtog die rooi tapyt oorheers.
Vere en glans: Die verstommende Lady Gaga tree op by die 60ste Grammy-toekennings wat in Januarie vanjaar in Madison Square Garden in New York gehou is. Foto: Getty Images
Skande en skade: Harvey Weinstein, die Hollywood-rolprentvervaardiger, word in handboeie na die hof in New York gebring waar hy in Julie op aanklagte van seksuele teistering verskyn het. Die #MeToo-beweging, waarin aktrises begin uitpraat het oor die seksuele teistering waaraan Weinstein hulle onderwerp het, het in einde 2017 opslae gemaak. Weinstein word daarvan beskuldig dat hy tientalle vroue seksueel aangerand het. Foto: Getty Images
Talent en beloning: Die akteur Alexander Skarsgard met sy Sag-prys as beste akteur in ’n minireeks of televisiefliek in Januarie vanjaar in Los Angeles, Kalifornië. Foto: Getty Images
Hoe lekker kuier ons nou! Margot Robbie en Allison Janney, sterre van die bekroonde rolprent I, Tonya, lag heerlik by die jaarlikse Critics Choice-toekennings in Januarie vanjaar in Santa Monica, Kalifornië. Foto: Getty Images
Swart vir #MeToo: Die #MeToo-beweging het aktrises wat die Golden Globe-toekennings bywoon, aangespoor om swart aan te trek. Van links is Reese Witherspoon, Eva Longoria, Salma Hayek en Ashley Judd.Foto: Getty Images
Skoonheid in eenvoud: Die model, aktrise en rolprentvervaardiger Gal Gadot in Januarie by die internasionale filmfees in Palm Springs, Kalifornië. Foto: Getty Images
Applous vir talent: Amal Clooney word toegejuig nadat sy by die Amerikaanse rolprentinstituut ’n toespraak gelewer het ter ere van haar man, George Clooney. Hy is met ’n toekenning vereer vir sy lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf. Foto: Getty Images
’n Oomblik: Meghan Markle stap alleen die St. George-kapel in Windsorkasteel binne. waar sy en prins Harry in die eg verbind is.Foto: Getty Images
Hou my hand vas, my lief: Prins Harry en Meghan hou hande vas terwyl hulle met ’n koets deur Windsor en die Long Walk by Windsorkasteel ry ná hul troue op 19 Mei vanjaar. Foto: Getty Images
Star Wars: Chewbacca was ook op die rooi tapyt met die vertoning van Solo: A Star Wars Story op die Cannes-rolprentfees. Foto: Getty Images
Rooitapyt-skoonheid: Die aktrise Cate Blanchett op die rooi tapyt by die Cannes-rolprentfees. Sy was die voorsitter van die jurie wat die beste rolprent aangewys het. Foto: Getty Images
Vir die lekker en liefdadigheid: Mila Kunis en Ashton Kutcher speel tafeltennis in Los Angeles in ’n tafeltennis-uitdaagwedstryd ten bate van liefdadigheid. Foto: Getty Images
Ma se groot seun: Catherine, hertogin van Cambridge, verlaat die Lindovleuel van die St. Mary-hospitaal in Londen ná die geboorte van haar en prins William se derde kind, prins Louis. Foto: Getty Images
Legendariese applous: Die Oscar-bekroonde Meryl Streep staan en klap hande vir Frances McDormand se sielvolle toespraak nadat McDormand met ’n Oscar vereer is vir haar spel in Three Billboards Outside Ebbing, Missouri. Foto: Getty Images
Geen tyd vir nonsens nie: Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence klim met ’n glas wyn in die hand oor die stoele by die Osar-geleentheid in Los Angeles. Foto: Getty Images
Hospitaal of loopplank? ’n Model stap met ’n pop se kop onder die arm op die loopplank in Milaan, Italië, waar Gucci in Februarie vanjaar hul herfs-en-winterreeks bekend gestel het Foto: Getty Images
Net soos gewone mense: Die sanger, liedjieskrywer en akteur John Legend en sy vrou, Chrissy Teigen, hou hul dogter, Luna, dop terwyl sy op ’n swaai in ’n speelpark in Manhattan, New York, speel. Foto: GC Images
’n Koningin in die voorste ry: Koningin Elizabeth sit in die voorste ry langs die moderedakteur Anna Wintour by die bekendstelling van die koningin Elizabeth II-toekenning vir Britse ontwerp. Die prys is vanjaar die eerste keer toegeken. Foto: Getty Images
Beeldskone krag: Die aktrise, rolprentvervaardiger en aktivis Angelina Jolie kom by die Bafta-prysaand in Londen aan. Foto: Getty Images
Drie konings: ’n Spesiale foto ter ere van prins Charles, die Britse troonopvolger, se 70ste verjaarsdag in November. Op die prins se skoot sit sy kleinkind, prins George, en langs hom sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall. Prinses Charlotte sit heel regs. Agter is prins Louis, Catherine, hertogin van Cambridge, prins William, prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex. Foto: Getty Images
Modespore: Kaia Gerber, dogter van die supermodel Cindy Crawford, het vanjaar voltyds begin modelwerk doen en het wêreldwyd opslae gemaak. Hier is sy in Parys, Frankryk, op die loopplank vir die modehuis Saint Laurent. Foto: Getty Images
Vir jou my lief: Die popster Justin Bieber in September by die fontein voor Buckinghampaleis in Londen kort nadat hy en Hailey Baldwin stil-stil getrou het. Foto: Getty Images
Tom Cruise groet in Julie vanjaar aanhangers tydens die wêreldpremière van Mission: Impossible – Fallout wat in Parys, Frankryk, gehou is. Foto: Getty Images
Niall Horan, Ierse sanger en liedjieskrywer, en die Amerikaanse popster Taylor Swift repeteer in Junie voor ’n leë Wembly-stadion in Londen. Foto: Getty Images
Nie ’n fantasie nie: Die Game of Thrones-akteurs Kit Harington en Rose Leslie is in Junie in Aberdeen, Skotland, getroud.Foto: Getty Images
Prinses-mooi: Prinses Eugenie, dogter van prins Andrew en kleindogter van koningin Elizabeth, was vanjaar die tweede koninklike bruid wat in die St. George-kapel in Windsor getrou het. Sy het besluit om sonder ’n sluier te trou sodat die operasiemerk op haar rug gesien kon word. Eugenie is in haar kinderjare vir veelvuldige sklerose behandel en wou deur nie ’n sluier te dra nie en haar snymerk te wys, hulde bring aan lyers van veelvuldige sklerose. Foto: Getty Images
Meer oor:  Jaaroorsig2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.