Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘7de Laan’-ster kry die ja-woord

Die akteur Theodore Jantjies, oftewel Xander Meintjies soos hy in die sepie 7de Laan bekend staan, het Saterdag aan die vrou in sy lewe, Tammy van der Merwe, verloof geraak.

Die paartjie het agt maande gelede ’n seuntjie, Shiloh, verwelkom.

Jantjies skryf op Facebook: “14 years and it was worth the wait . . . She said yes!”

Jantjies het Saterdag ook foto’s op Instagram gedeel van hom wat met ’n ringboks in die hand voor Tammy kniel.

Tammy staan eers geskok met haar hande teen die gesig na Jantjies en kyk, maar omhels hom later, waarna hy die ring aan haar vinger sit.

Jantjies het die groot vraag tydens sonsondergang in die Dinokeng-natuurreservaat in Gauteng gevra.

Hy het ’n tafel langs die rivier laat dek, met eetgoed en sjampanje.

Die paartjie is nadat Jantjies die inskrywing gedeel het deur gelukwensings oorval.

Meer oor:  Theodore Jantjies  |  7De Laan  |  Verlowing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.