Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Adele het aanbeweeg van ‘Hello’ na koebaai vir haar man
Die Britse sangeres AdeleFoto: Getty Images

Die Britse sangeres Adele (31) het reeds in Januarie 2011 (Nevermind I’ll Find) Someone Like You gesing en dit blyk dat sy weer gereed is om dié vaandel op te tel nadat sy ’n egskeiding aangevra het.

Adele het reeds in April aangekondig sy en haar man, Simon Konecki (45), is van bed en tafel geskei, maar dié sangeres het nou vir ’n egskeiding gevra, berig Sky News.

Adele en Konecki was drie jaar lank getroud.

Die BBC berig Adele het die dokumente by ’n hof in Los Angeles in Amerika ingedien.

’n Verteenwoordiger van Adele en Konecki sê hulle is steeds toegewyd aan hul seun en sal hom liefdevol grootmaak.

People berig Adele en Konecki was in geheel sewe jaar lank saam. Dit sluit hul huwelik van drie jaar in.

Hul seun, Angelo, is ses jaar oud.

Adele is veral bekend vir liedjies soos, Hello, Set Fire to the Rain, Send my Love (to Your New Lover), Turning Tables en Rolling in the Deep.

Adele en haar man, Simon Konecki, skei ná drie jaar. Foto: Getty Images




Meer oor:  Adele  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.