Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Afpienklike pakkies by die Grammys

Cardi B, Katy Perry en Kylie Jenner was van die bekendes wat volgens modekenners die lelikste uitrustings na die Grammy-toekennings aangehad het.

Die toekennings is Sondagaand in Los Angeles gehou.

Cardi het haar verskyning op die rooi tapyt gemaak in ’n groot donkerblou visstert-rok van fluweel wat van bo tot op haar middellyf oopgesny is. Groot pienk plooie sprei dan daarvandaan uit, soos ’n blom wat oopmaak. Sy het haar uitrusting met ’n vleeskleurige lyfpak en handskoene van sy voltooi.

Cardi B in haar bisarre uitrusting met haar kêrel Offset. Foto: AFP/Getty Images

Cardi het geskiedenis gemaak toe sy ’n prys gewen het vir die beste rap-album vir haar debuut Invasion of Privacy.

Variety berig dat Cardi die eerste vrou is om die prys vir ’n solo te wen. Lauryn Hill het dit in 1997 as deel van die hip-hop groep die Fugees gewen.

Katy Perry se ligte pienk ballonrok van ’n Franse modemaatskappy, het haar op USA TODAY se lysie van die swaks geklede Grammy-gangers laat beland.

Katy Perry in haar ligte pienk ballonrok van ’n Franse modemaatskappy. Foto: Shutterstock

Hoewel sosialemediagebruikers Perry oor haar rok gespot het, is haar hare en grimering geprys.

Kylie Jenner het die modekenners se lysie vir swak gekledes maklik gehaal. Sy het ook ligte pienk gekies vir die rooi tapyt.

Jenner het met haar kêrel, Travis Scott, opgedaag.

Die realiteitster het ’n langbroekpak gedra “wat nie mooi gepas het nie”.

Cosmopolitan berig Jenner en Scott het boonop laat opgedaag.

Kylie Jenner in haar pienk pak wat nie mooi gepas het nie.Foto: Shutterstock
Meer oor:  Katy Perry  |  Kylie Jenner  |  Cardi B  |  Mode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.