Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Afrikaanse sanger sterf in motorongeluk
Jacques de Coning

Die bekende Afrikaanse sanger Jacques de Coning is Sondag omstreeks 10:30 in 'n motorongeluk naby Alexandria in die Oos-Kaap dood. 

De Coning, veral bekend om sy vrolike vertolking van volksliedjies, was ook by die Bushmans Bar and Grill in Kenton-on-Sea betrokke.

Die ongeluk het op die R72 tussen Alexandria en Kenton-on-Sea gebeur. De Coning het onlangs nog by die Historic Pig and Whistle Inn in Bathurst opgetree. 

Sy seun, Basil (24), is vyf jaar gelede ook in 'n motorongeluk in die middestad van Port Elizabeth dood. De Coning word deur sy vrou, Lynn, en sy dogter, Joani, oorleef.

Meer oor:  Jacques De Coning  |  Motorongeluk  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.