Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
AKA verbreek stilte oor verloofde se dood

Die Suid-Afrikaanse kletsrymer Kiernan Forbes, beter bekend as AKA, het vir die eerste keer sedert die dood van sy verloofde, Anele Tembe (22), kommentaar gelewer oor haar dood en hul verhouding.

Forbes sê in ’n verklaring op Instagram hy ondergaan sielkundige en geestelike berading nadat hy erg getraumatiseer is deur Tembe se dood.

Sy het op 11 April vanuit die tiende verdieping van die Pepper Club-hotel in Loopstraat in Kaapstad geval.

In die verklaring reageer hy ook op bewerings dat hy Tembe mishandel het.

Forbes en Tembe het op 21 Februarie hul verlowing aangekondig met ’n foto van Tembe wat met ’n groot diamantring aan haar ringvinger spog.

Dit blyk egter daar was ’n donker kant aan die verhouding. News24 het onthul ’n vriendin het ’n video wat deur Tembe geneem is aan die media uitgelek. In die video probeer Forbes oënskynlik ’n deur oopbreek om by Tembe uit te kom in ’n kamer waarin sy haarself toegesluit het nadat hy haar na bewering aangerand het.

Forbes het glo Tembe se kop teen ’n muur gestamp, waarna sy haarself in hul slaapkamer toegesluit het. Hy het toe die deur afgebreek.

News24 berig die polisie het nie bevestig of ontken dat hulle die beeldmateriaal gesien het en of dit deel sal wees van die ondersoek na haar dood nie.

Die polisie het ook nie gereageer op navrae oor of huishoudelike geweld deel is van die ondersoek nie.

Intussen het nog talle video's op sosiale media die rondte begin doen wat wys daar was probleme in die verhouding. 

Geen inligting oor die lykskouing is bekend gemaak nie.

Dit blyk Tembe het haar eie lewe geneem, maar haar familie hou vol sy sou dit nooit doen nie.

Forbes sê nou hy weet wie die mense is wat die beeldmateriaal aan die media uitgelek het, maar hy het ook vir mense gesê daar is altyd twee kante aan ’n saak en dit sluit video’s, foto’s en boodskappe in.

Forbes het in sy inskrywing gesê die polisie het aan sy regspan bevestig hy is nie ’n verdagte in die ondersoek nie.

Hy het hul verhouding as “mooi maar uitdagend, soos enige ander verhouding” beskryf en gesê hy is steeds verlief op haar.

Hy het ook gesê hy is diep seergemaak dat die mense wat hy en Tembe met hul probleme vertrou het, die inligting nou gebruik om sy karakter aan te val sodat dit ’n spesifieke narratief volg.

Kiernan Forbes se inskrywing op sy Instagram-profiel. Foto:Instagram/akaworldwide


Meer oor:  Kaapstad  |  Verloofde  |  Aka  |  Kiernan Forbes  |  Anele Tembe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.