Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aksieheld red chihuahua ná papiere-drama

Die bekende Hollywoodse aksierolprentheld Jean-Claude Van Damme het gehelp om ’n drie maande oue chihuahua-hondjie, Raya, se lewe te red.

Van Damme het van ’n Noorweegse man, Alexey Iversen, se dilemma met Raya se dokumente te hore gekom en sy petisie toe ook op sy eie sosialemediaprofiele geplaas. 

Van Damme, ’n Belgiese akteur en regisseur, is bekend vir sy rolle in flieks waarin hy gevegskuns ten toon stel, en het sy loopbaan begin as ’n deurwag by een van Chuck Norris se nagklubs.

Hy het Sondag sy 60ste verjaardag gevier en in ’n video waar hy sy eie hond troetel gevra mense moet die petisie om Raya te red, as ’n verjaarsdaggeskenk vir hom onderteken.

Die gelukkige uitkoms is dat hoewel die Noorweegse wet bepaal het Raya sou op 20 Oktober van kant gemaak word omdat hy sonder die nodige dokumente in Noorweë aangekom het, het die Bulgaarse owerhede, vanwaar die hond ingevoer is, uiteindelik ingestem dat die hondjie daarheen kon terugkeer om daar aangeneem te kan word.

Dit was nadat Van Damme met ’n emosiebelaaide veldtog op sosiale media begin het om Raya se lewe te red. 

Raya se verhaal begin toe Iversen, wat in Oslo woon, besluit het om ’n chihuahua-hondjie by ’n privaat verkoper in Bulgarye te koop.

Die transaksie het in September plaasgevind, maar toe die hond in Noorweë aankom, wou die owerhede nie die hondjie registreer nie, en het gesê haar dokumente is nie voldoende om te bewys dat sy die nodige inentings gekry het nie. 

Noorweë wou die hondjie terug na Bulgarye deporteer, maar dié land het geweier.

Iversen se regsverteenwoordiger kon toe die beplande datum om die hondjie op 8 Oktober van kant te maak, tot 22 Oktober uitgestel kry. 

Om die hondjie se lewe te probeer red, het Iversen toe ’n petisie op Change.org geplaas, wat Van Damme se aandag getrek het. 

In die petisie skryf Iversen die hondjie sou in Bulgarye deur ’n plaaslike veearts ingeënt word en vir moontlike parasiete behandel word. In Noorweë het die hondjie nóg inspuitings ontvang.

Op 23 September het die Noorweegse owerhede toe die hondjie gekonfiskeer en in kwarantyn geplaas.

Die owerhede het aangevoer die hondjie is onwettig ingevoer en Iversen het besef daar is foute in die dokumente vir die hondjie gemaak, waarvoor hy verantwoordelikheid aanvaar het.

Raya sal nou terug na Bulgarye reis en daar aangeneem kan word. Indien die regte dokumente bekom kan word, hoop Iversen dat sy moontlik wel na Noorweë kan kom.

The Guardian, Stuttgarter Zeitung en EuroNews

Meer oor:  Jean-Claude Van Damme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.