Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Akteur Cobus Visser in hospitaal dood

Die 70-jarige akteur Cobus Visser, wat in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria behandeling vir hartversaking ontvang het, is dood.

Die aktrise Lizz Meiring, 'n goeie vriendin van Visser, het die nuus op haar Facebook-blad bekend gemaak. 

cobus Visser
Cobus Visser

Netwerk24 het vroeër berig Louise Viljoen, Visser se suster, het Saterdagaand laat weet dit gaan beter met haar broer, nadat sy vroeër gesê het hy was vir drie dae nie by sy volle bewussyn nie.

Hy was volgens Viljoen in 'n stadium in ’n semi-koma en op suurstof, nadat hy ’n week gelede in die hospitaal opgeneem is weens hartversaking.

Viljoen het gesê haar broer het jare gelede ook hartversaking gehad. 

Visser het die rol van Brand Louw in Wille Esterhuizen se komediereeks Huis Lelieveld vertolk, wat Woensdag op kykNET begin.

Die aktrise Elma Potgieter het Visser se dood aan Netwerk24 bevestig. Sy het hom Saterdag in die hospitaal besoek.

“Cobus het my herken, maar hy kon nie sy woorde mooi vorm nie,” sê Potgieter, wat saam met hom in Huis Lelieveld verskyn.

"Cobus se werk het hom aan die gang gehou maar sy lewenskrag het hom in die steek gelaat.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.