Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Akteur Jeff Bridges het kanker

Die Amerikaanse akteur Jeff Bridges (70) het Dinsdagoggend op Twitter bekend gemaak dat limfoomkanker by hom gediagnoseer is.

Die Amerikaanse akteur Jeff Bridges het bekend gemaak hy ontvang behandeling vir limfoom. Foto: Reuters

“Hoewel dit ’n ernstige siekte is, voel ek bevoorreg dat ek ’n goeie span dokters het en die prognose lyk goed,” het Bridges getwiet.

“Ek het met behandeling begin en sal julle op hoogte van my herstel hou. Ek is verskriklik dankbaar vir die liefde en ondersteuning van my familie en vriende. Dankie vir al jul gebede en sterkte wat julle my toewens,” het Bridges geskryf.

Die Hollywood-ster kan spog met ’n loopbaan wat al vir meer as ses dekades strek.

Hy is veral bekend vir flieks soos “True Grit”, “Seabiscuit”, “The Big Lebowski” en “King Kong”.

Limfoom sluit in Hodgkin se limfoom en ’n groot groep nie-Hodgkin-limfome (NHL).

Bridges het nie aangedui watter een hy het nie.

Nie-Hodgkin-limfoom (NHL) begin in ’n soort witbloedsel genaamd limfosiete, wat deel is van die liggaam se immuniteitstelsel. Die kanker kan die limfstelsel, wat deel is van die immuniteitstelsel, aantas.

Hodgkin-limfoom is baie skaarser as nie-Hodgkin-limfoom.

Lees meer oor die verskillende soorte limfoom hier.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Gesondheid/so-werk-kanker-wat-microsoft-man-doodmaak-20181016

https://twitter.com/TheJeffBridges/status/1318341223384518663?s=20

https://twitter.com/TheJeffBridges/status/1318341224772796417?s=20

Meer oor:  Twitter  |  Jeff Bridges  |  Amerika  |  Hollywood  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.