Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Akteur maak hart oop oor seksdade
Matthew McConaughey

Op 15 is hy afgepers om seks te hê en op 18 is hy bewusteloos geslaan en agterin ’n paneelwa deur ’n man gemolesteer.

So sê die Oscar-wenner Matthew McConaughey (50) in sy jongste boek, Greenlights. “Ek was seker ek gaan hel toe vir voorhuwelikse seks. Vandag is ek net seker dat ek hoop dit nie die geval is nie.”

Tog sê die akteur hy het nooit soos ’n slagoffer gevoel nie. “Ek het baie bewyse dat die wêreld saamsweer om my gelukkig te maak,” skryf hy.

Sy ouers, James en Kay, het ’n stormagtige huwelik gehad.

“Hulle was soms gewelddadig­. Dis hoe hulle gekommunikeer het. Hulle is twee keer geskei en drie keer getroud­. So ja, dit was soos die Stille Oseaan in ’n storm.” – Unilad

Meer oor:  Matthew Mcconaughey  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.