Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Akteur ontferm hom oor kinders gedurende gewapende roof

Pierre Breytenbach, onder meer bekend vir sy rol in Getroud met rugby, het hom Saterdag oor twee laerskoolkinders ontferm gedurende ’n gewapende roof waar nege mans glo na raming R1 miljoen se toerusting gebuit het.

Die voorval het by sy vriend Fritz de Jager se ateljee, Bottomside Studios in Lynnwood Glen in Pretoria, gebeur. Breytenbach sê hy het sowat tien minute voor die voorval daar aangekom om sy rekenaar te laat opdateer.

Hy sê Morné Lourens, wat saam met De Jager werk, was by die ateljee. De Jager se twee kinders, ’n gr. 3-leerling, ’n gr. 5-leerling, het in die ateljee gespeel en na strokiesprente gekyk.

Pierre BreytenbachFoto: Argiewe

Toe kom daar ’n wit Audi aangery, waarvoor die hekke oopgemaak is omdat besoekers verwag is, min wetende dat dit inderwaarheid gewapende rowers is.

Breytenbach sê die volgende wat hy gehoor het, was ’n vuurwapen wat oorgehaal word. “Toe ek buitetoe leun, het ek vir Fritz en Morné op die grond gesien lê, en nege mans, waarvan vier gewapen was.

“Van die mans het toe na binne gestorm en ’n wapen teen my kop gedruk. Een van die kinders, wat nie ver weg was nie, het toe by my kom lê waar ek op die grond gedwing is.

“Ek het vir die rowers gesê daar is ’n klein seuntjie in een van die ateljees en of hulle hom na ons toe kan bring. Die kinders het toe weerskante van my op die grond gelê.

“Ek het besluit om baie kalm te bly en om mooi saggies met die kinders te praat en om hulle so rustig as moontlik te hou, terwyl die roof in die ateljee plaasgevind het."

Ek het besluit om baie kalm te bly en om mooi saggies met die kinders te praat en om hulle so rustig as moontlik te hou, terwyl die roof in die ateljee plaasgevind het.

Breytenbach sê hy het in ’n stadium vir die rowers gevra of hy en die kinders maar in die badkamer kan gaan lê om uit hul pad te kom, wat hulle toegelaat het. “Ek het voor die kinders by die deur in die badkamer gelê om hulle te beskerm.”

Hy sê die rowers het toe kameras, grootskerms, rekenaars, ligte, klanktoerusting en mengbanke van die ateljee gebuit.

Breytenbach sê sy horlosie en rekenaar is gesteel.

Die nege rowers het toe in drie voertuie laat spaander, die wit Audi, hul Nissan NP200 en ’n paneelwa wat aan mense behoort wat saam met De Jager by die ateljee werk, met al die gesteelde goedere in die voertuie.

Breytenbach sê die polisie het later die paneelwa naby Mamelodi gevind, maar geen van die gesteelde goedere nie en die rowers is ook nog nie aangekeer nie.

“As ek terugdink aan die voorval, dink ek nie aan die skade wat ek gely het nie, maar met dankbaarheid aan die kinders wat die kwesbaarste was wat ek met my kalmte deur die verskriklike nagmerrie kon stuur en beskerm het. Dit was my enigste fokus.

As ek terugdink aan die voorval, dink ek nie aan die skade wat ek gely het nie, maar met dankbaarheid aan die kinders wat die kwesbaarste was wat ek met my kalmte deur die verskriklike nagmerrie kon stuur en beskerm het. Dit was my enigste fokus.

“Ek het die rowers gevra om seblief niks aan die kinders te doen nie.”

Breytenbach sê hy weet nie hoeveel die skade is nie, maar as hy ’n raaiskoot moet waag, kan dit naby R1 miljoen se goedere wees wat geroof is.

Vriende op Facebook sê hulle was verstom dat Breytenbach al weer die volgende oggend op sy pos was om sy deel te doen as sanger vir die NG gemeente Tygerpoort se aanlyn diens.

Meer oor:  Kinders  |  Gewapende Roof  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.