Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aktrise help enkellopendes liefde vind

Die aktrise Simone´Pretorius (Nortmann) se Instagram-blad het Vrydag ’n platform geword om enkellopendes oor die land heen na liefde te help soek.

Sy het foto’s en kort byskrifte van gewillige enkellopende aanhangers op haar Instagram-blad gedeel in die hoop dat hul toekomstige maat ook onder haar 166 000 volgelinge is.

“Ek en my man, Andries, is mal oor die liefde, en ons geniet dit om mense bymekaar te bring,” sê Pretorius, veral bekend om haar rolle in Binnelanders en Hotel.

“Ons hou daarvan om vir ons enkellopende vriende geleenthede te skep om mekaar te leer ken, so hierdie tipe ding is nie vir ons vreemd nie.”

Pretorius sê alles het begin toe sy haar skoonsus, Christine, op sosiale media met haar verjaardag gelukgewens het. Sy het ’n foto van Christine gedeel, haar profielnaam bygesit en vir mense gesê hulle kan na haar uitreik, want sy is enkellopend.

Die aktrise Simoné Pretorius (Nortmann). Foto: INSTAGRAM

“Ek het ook gesê dat die manne versigtig moet wees, want dit is nie maklik om my en Andries te beïndruk nie,” sê Pretorius, wat in Februarie verlede jaar getroud is.

“Ná my plasing het daar ongeveer 40 mense na haar uitgereik deur haar op Instagram te volg of om vir haar ’n boodskap te stuur. Ons was so beïndruk!”

Daarna het sy die plan gekry om van haar enkellopende volgelinge wat op soek is na die liefde van hul lewe, ook te probeer help.

“Ek het gevra dat enigiemand wat op soek is na iemand vir my hul naam, die plek waar hulle woon, ’n foto en ’n sinnetjie oor hul drie beste eienskappe stuur.

“Kort voor lank het ek amper 200 boodskappe ontvang! Ek het toe ’n paar mense se profiele gekies om te deel en die gelukkiges was maar die mense wie se boodskappe ek kon oopmaak in ’n area met swak ontvangs.”

Sy het die enkellopendes se besonderhede gedeel en gevra dat belangstellendes vir hulle ’n “cheesy pickup-line” moet stuur om die ys te breek.

“Ek is so trots op mense wat ’n kans gewaag het. Ek dink dit is ’n lekker nuwe manier om mense te ontmoet, veral tydens die inperking waar ’n mens nie eintlik iemand op die tradisionele maniere kan ontmoet nie.”

Sy sê sy het ’n paar skermgrepe ontvang van pickup-lines wat van die enkellopendes ontvang het. “Dit is so lekker en spontaan,” sê sy. “Dit sal so lekker wees as daar regtig twee mense is wat mekaar vind, maar ek wil nie ekstra druk op hulle sit nie,” sê sy.

Meer oor:  Simone´Pretorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.