Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aktrise in Clint Eastwood-flieks oorlede

Die Amerikaanse aktrise Sondra Locke is ses weke gelede in die ouderdom van 74 jaar dood, maar die nuus het nou eers aan die lig gekom. Locke wat vir ’n Oscar benoem is voordat sy in ses rolprente saam met Clint Eastwood verskyn het, is in haar huis in Los Angeles, Kalifornië, aan ’n hartstilstand dood. Sy het bors- en beenkanker gehad.

Sondra Locke

Die owerhede is onmiddellik van haar dood in kennis gestel en dit is onduidelik waarom dit so lank geneem het voordat die nuus bekend geword het.

Locke en Eastwood se werkverhouding het in 1976 met die western The Outlaw Josey Wales begin en hul laaste fliek saam was Sudden Impact in 1983, wat deel is van die Dirty Harry-fliekreeks.

Hulle was ook 13 jaar ’n paartjie, maar hul paaie het in 1989 geskei.

Locke, gebore as Sandra Louise Smith, het in Tennessee grootgeword waar sy later by ’n radiostasie gewerk en in ’n handvol toneelstukke opgetree het.

Sy het in 1967 ’n landwye talentkompetisie gewen om teenoor Alan Arkin in die rolprentweergawe van The Heart Is a Lonely Hunter, Carson McCullers se roman uit 1940, te verskyn.

Sondra Locke

Sy het onder haar stiefpa se van gewerk en baie goeie resensies ontvang tesame met ’n Golden Globe- en Oscar-benoeming. Ruth Gordon het egter albei die pryse vir Rosemary’s Baby ontvang.

Locke se ander werk sluit in haar vertolking van die sangeres Rosemary Clooney in die biografiese televisierolprent Rosie: The Rosemary Clooney Story in 1982 en sy was die regisseur van die fliek Ratboy wat in 1986 uitgereik is. Die fliek het in Amerika misluk, maar dit was baie gewild in Europa.

Sy het ook haar memoires The Good, the Bad and the Very Ugly: A Hollywood Journeyuitgereik waarin sy onder meer vertel van die dubbele mastektomie en die chemoterapie wat sy weens kanker moes ondergaan.

Locke is in 1967 met die akteur Gordon Anderson getroud en volgens haar doodsertifikaat was hulle met haar afsterwe steeds wettig getroud. Hy is ook die een wat haar dood aangemeld het. Sy het hulle in 1997 as “slegs goeie vriende” beskryf.

Meer oor:  Clint Eastwood  |  Flieks  |  Celebs  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.