Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aktrise met MS glo nou in haarself

Mense met ’n gestremdheid is onsigbaar vir baie mense, het Selma Blair, Amerikaanse aktrise met veelvuldige sklerose (MS), in ’n onderhoud gesê.

“Ek weet nie of ek in myself geglo het en ambisie gehad het voor die siekte nie. Snaaks genoeg het ek dit nou en ek weet nie of dit dalk te laat is nie.”

BEVERLY HILLS, CALIFORNIA - FEBRUARY 24: Selma Bla
Selma Blair by die Vanity Fair-partytjie na die 2019 Oscar-geleentheid. Foto: Tony Barson/FilmMagic

Die siekte is sowat vier maande gelede by Blair (46), bekend om flieks soos Cruel Intentions en Legally Blonde, gediagnoseer. Sy het die Oscar-toekenningsgeleentheid die naweek bygewoon met ’n kierie.

“Die siekte is nie vir my ’n tragedie nie. Ek is gelukkig,” het sy aan die tydskrif Vanity Fair gesê.

MS is ’n ongeneeslike siekte wat die brein en rugmurg aantas en probleme met sig, balans en spiere veroorsaak, berig die BBC.

“As ek iemand kan help om gemakliker te voel, is dit iets meer as wat ek nog ooit gedoen het,” het Blair gesê.

Sy het verlede jaar Oktober op Instagram aangekondig dat sy die siekte het.

Sy het aan Vanity Fair gesê sy het nie gedink die siekte sal so erg wees nie. Sy sukkel om te beweeg, met haar geheue, om aan te trek en met haar sig.

Blair sê nadat sy haar siekte bekend gemaak het, het sy gewonder of enigiemand haar nog ’n rol sou aanbied.

Sy was verbaas dat haar eerlikheid oor haar siekte vreemdes aangeraak het.

“Ek is eintlik maar niemand besonders in Hollywood. Maar toe ek al die kommentaar op Instagram lees van almal wat ook swaarkry, of dit nou weens MS of iets anders was, het ek gedink goeie aarde, daar is ’n plek vir eerlikheid oor gestremdheid van iemand wat herkenbaar is.”

Meer oor:  Selma Blair  |  Ms  |  Diagnose  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.