Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aktrise van 'Ballade vir 'n enkeling' sterf

Die aktrise Shareen Swart (58), bekend om haar vertolking van uitspattige karakters soos Meisie Moolman in Ballade vir ’n enkeling en Katinka in 7de Laan, is Maandagoggend aan kanker dood.

Shareen Swar. tFoto: Lisa Hnatowicz/RCP Media

Swart wat in Pretoria gewoon het en ma van twee dogters is, was die stigter van die PALI-opleidingsakademie vir akteurs.

Akteurs soos Albert Pretorius en Cintaine Schutte het ook by haar dramalesse ontvang.

Meer onlangs was sy in die kykNET-dramareeks Knapsekêrels te sien.

Sy was ook betrokke by DEURnis, die bekroonde een-tot-een-teater waar sy een van die regisseurs was.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.