Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aktrise Simoné: 'Dit is die grootste droom wat waar word'
Die aktrise Simone Pretorius en haar man, Andries. Foto: Instagram

“Woorde kan nie die euforie beskryf nie. Dit is die grootste droom wat waar word vir ons.”

So het die aktrise Simoné Pretorius (Nortmann) Maandag aan haar volgelinge op Instagram bekend gemaak dat sy en haar man, Andries, ’n baba verwag.

“Baba Pretorius, jy word oneindig liefgehê. Jy word onmeetlik gevier,” skryf sy in haar plasing.

Pretorius, bekend vir haar rolle in 7de Laan, Binnelanders en Hotel, het ook vandeesweek in die November/Desember uitgawe van SARIE bekend gemaak dat sy 12 weke swanger is.

“Met elke beweging, is ek akuut bewus van jou teenwoordigheid. Elke keer as ek jou gesig sien bring dit my tot op my knieë,” lui Pretorius se plasing.

“Lewe begin in die baarmoeder en God is die gewer van lewe en ons is oorweldig deur die perfeksie van Sy tydsberekening en hoe onwaardig ons is.”

Pretorius sê dit was die “moeilikste geheim ooit” om te hou.

Meer oor:  Simoné Pretorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.