Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aktrise verdrink: Bevindings van nadoodse ondersoek bekend

Die Glee-aktrise Naya Rivera is dood aan verdrinking.

Die mediese ondersoeker van die Ventura-distrik in Kalifornië het dit Dinsdag bevestig, asook die feit dat daar geen teken is dat trauma, dwelms of alkohol ’n rol gespeel het nie.

Rivera (33) is Maandag, vyf dae nadat sy vermis geraak het, in die Pirumeer naby Los Angeles gevind. Sy het verlede Woensdag ’n boot gehuur en saam met haar vierjarige seun, Josey Dorsey, op die meer gaan vaar.

Haar lyk is Maandag vroeg naby die oppervlak in die Pirumeer gekry. Die meer in daardie deel is tussen 11 m en 18 m diep met baie ruie plantegroei en bome onder die water.

Josey wat alleen op die boot gevind is nadat ’n soektog van stapel gestuur is omdat die boot nie betyds terugbesorg is nie, het aan die owerhede gesê hy en sy ma het albei in die meer gaan swem. Die Ventura-polisie het Maandag gesê dit is nie duidelik wat gebeur het nie, maar dat Rivera se seun aan die ondersoekbeamptes gesê het dat sy ma hom terug op die boot gedruk het, maar nie self op die boot geklim nie.

Rivera het nie ’n reddingsbaadjie aangehad toe haar lyk gekry is nie. Dit wil dus voorkom asof sy met haar laaste bietjie krag haar kind gered het, sê die polisie.

Rivera is die derde lid van die gewilde Glee-reeks wat op ’n tragiese manier dood is. Die akteur Cory Monteith, wat die rol van die Amerikaanse-voetbal-speler Finn Hudson vertolk het, is in 2013 aan ’n oordosis dwelms dood en Mark Salling, wat Noah (Puck) Puckerman gespeel het, het selfmoord gepleeg nadat hy skuld erken het nadat hy in besit van kinderpornografie gevang is.

Ryan Murphy, Brad Falchuk en Ian Brennan, die skeppers van Glee, het Dinsdag gesê hulle gaan ’n universiteitsfonds vir Josey stig.

“Sy was pret. Sy was vriendelik. Sy was vrygewig,” sê die drie in ’n verklaring oor Rivera.

“Naya was meer as net ’n aktrise op ons program, sy was ons vriendin.” Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.