Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Almal moet toegang tot entstof hê, vra Harry

Almal wêreldwyd moet toegang tot Covid-19-entstowwe hê.

Dit was Sondag prins Harry se pleidooi op ’n liefdadigheidskonsert ten bate van die Covax-entstof-inisiatief.

Vax Live: The Concert to Reunite the World is Sondag in Los Angeles gehou en sal Saterdag op YouTube gestroom kan word.

Prins Harry was Sondag een van die groot trekpleisters by ‘Vax Live: The Concert to Reunite the World’ wat in Los Angeles, Kalifornië, gehou is. Foto: AP

Harry se vrou, Meghan, pres. Joe Biden en Kamala Harris, visepresident, het ook videoboodskappe op die konsert gelewer.

Ben Affleck, David Letterman, Gayle King, Jimmy Kimmel en Sean Penn het ook almal boodskappe ten gunste van entstof-gelykheid gelewer.

Harry het in sy toespraak hulde gebring aan gesondheidswerkers in die gehoor en wêreldwyd.

“Julle het julself verlede jaar in gevaar gestel om ons almal sonder vrees en selfsug te beskerm. Ons is julle soveel verskuldig,” het Harry gesê.

Almal wat die konsert bygewoon het, is reeds teen die koronavirus ingeënt.

Dit was Harry se eerste openbare optrede ná die begrafnis van sy oupa prins Philip verlede maand in Windsor, Engeland.

Die popster Selena Gomez was die gasvrou met vertonings deur Jennifer Lopez, Dave Grohl van die Foo Fighters en Eddie Vedder van Pearl Jam.

Meer oor:  Prins Harry  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.