Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Amazon-baas stuur glo kaalfoto’s vir nuwe liefie

Jeff Bezos en sy vrou, MacKenzie, het skaars aangekondig dat hulle skei, en gerugte doen reeds die ronde dat hy vir sy nuwe liefie kaalfoto’s en seksboodskappe gestuur het.

Jeff Bezos, Amazon-baas. Foto: Getty Images

Bezos, baas van Amazon en die rykste mens ter wêreld, en MacKenzie het vroeër die week aangekondig dat hul paadjies ná 25 jaar van getroude lewe gaan skei.

Die nuwe liefde in sy lewe is die voormalige nuusaanbieder Lauren Sanchez, wat ook getroud is, berig E-Online.

Die Amerikaanse skinderkoerant die National Enquirer berig Bezos het vir Sanchez seksboodskappe gestuur. Hulle sien mekaar glo reeds vir ’n jaar.

In dié boodskappe skryf Bezos hy kan nie wag om vir Sanchez te wys hoe lief hy vir haar is nie. Hy beskryf haar as ’n energieke meisie en sê hy sal haar met sy lyf, lippe en oë wys hoe lief hy regtig vir haar is. Hy skryf glo ook hy wil haar ruik.

Mail Online berig hy het vir haar ’n kaalfoto gestuur en dat hy en Sanchez seks in private stralers, hotelle en hul huise gehad het.

Mashable maan lesers met die tong in die kies om dié storie van die National Enquirer met ’n knippie sout te neem omdat dié skinderkoerant ’n groot Trump-ondersteuner is, terwyl Bezos en Trump gereeld koppe stamp.

Die National Enquirer sê hy het die foto’s gesien wat Bezos na bewering aan Sanchez gestuur het, maar hy durf dit nie publiseer nie, omdat dit hopeloos te eksplisiet is.

Internet-gebruikers spot met wat hulle as onbeholpe liefdesboodskappies beskryf.

Lauren SanchezFoto: Getty Images
Jeff Bezos, Amazon-baas.Foto: Getty Images

Meer oor:  Jeff Bezos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.