Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Amor en Joost se oudste is 16
Amor Vittone se seun, Jordan, het Donderdagaand sy 16de verjaardag saam met sy ma, sy suster, Kylie, en ouma en oupa, Dario en Delyse Vittone, in die Italiaanse pizza- restaurant Col’Cacchio gevier. Foto: Facebook/Amor Vittone

Amor Vittone se wens vir haar seun is dat “sy oë altyd van geluk sal blink”.

Haar en Joost van der Westhuizen se oudste kind, Jordan, het Donderdag sy 16de verjaardag gevier.

Amor het hom met koffie, kolwyntjies en geskenke in die bed bederf nadat hy eers ’n bietjie kon laat lê.

Joost van der Westhuizen
Jordan, Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se seun, het Donderdag 16 jaar oud geword. Foto: Facebook/Amor Vittone

Sy sê Jordan het die vorige aand tot laat sokker op televisie gekyk. Hy is self ’n kranige sokkerspeler en wil met sy “hart en siel” vir Liverpool speel.

Jordan het op tienjarige ouderdom ’n kogleêre inplanting ondergaan en word tuis onderrig.

“Ek het spesiaal gevra dat hy (op sy verjaardag) kan afkry,” sê Amor.

“En hy vir my gesê: ‘Mamma, dit was die beste dag in my lewe.’ ”

Later die oggend het ma en seun ontbyt by Mugg & Bean gaan eet en toe die winkels ingevaar.

Die aand het Jordan saam met sy ma, sy suster, Kylie (13), en ouma en oupa Dario en Delyse Vittone in die Italiaanse pizza-restaurant Col’Cacchio gaan eet.

Volgens Amor is Jordan gaande oor goeie Italiaanse kos. Hy is leer tans Italiaans praat en wil ook graag Spaans leer. Dario is Italiaans.

Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se oudste kind, Jordan, het Donderdag sy 16de verjaardag gevier. Hy is met koffie en kolwyntjies in die bed bederf. Foto: Facebook/Amor Vittone

“My droom vir my seun is dat hy gelukkig is waar ook al hy is en dat hy altyd sal glimlag. Hy het die mooiste glimlag,” sê Amor.

Sy wens ook dat al sy drome eendag bewaarheid sal word.

“Jordan wil die beste sokkerspeler in die wêreld wees en wil na sy ma en suster kan omsien,” sê Amor.

Sy voeg by dat haar seun ’n “verskriklike sagte hart” het en dat sy baie trots op albei haar kinders is.

Amor Vittone het haar seun, Jordan, Donderdag op sy 16de verjaardag vir ontbyt in Mugg & Bean geneem. Foto: Facebook/Amor Vittone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.