Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
André Schwartz in hospitaal weens septiese skok
Die foto van waar hy in hospitaal lê, wat André Schwartz Saterdag op sy Facebookblad geplaas het.Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger André Schwartz is Vrydag op Valentynsdag in ’n hospitaal opgeneem waar hy in die waakeenheid is.

Hy het Saterdag ’n foto van hom in sy hospitaalbed op sy Facebookblad geplaas met dié inskrywing: “Interessante manier om Valentynsdag te eindig! In die ICU ná septiese skok. Dit gaan nou baie beter.”

Dis nie duidelik in watter hospitaal hy is nie.

Corné Oosthuizen van CO Productions het Saterdagmiddag bevestig Schwartz is Vrydagaand in die hospitaal opgeneem, maar sê dit hou nie verband met die motorneuronsiekte (MNS) wat in April 2018 gediagnoseer is nie. “Dit gaan nou baie goed met hom.”

Schwartz is sedert sy diagnose openlik oor sy siekte en sy besluit om voluit te leef. Hy het in Januarie in ’n onderhoud met Huisgenoot gesê behalwe vir moegheid, het hy nog nie ingrypende simptome nie. Hy het wel die gebruik van die linkerkant van sy tong verloor, maar dis nie opvallend in sy spraak of sang nie. Schwartz het steeds ’n vol program as sanger.

Hou Netwerk24 dop vir nog inligting.

Meer oor:  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.