Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
André Schwartz terug by huis ná infeksie

Die Afrikaanse sanger André Schwartz is na 'n gewone saal in die hospitaal oorgeplaas nadat hy Vrydagaand daar opgeneem is waar hy vir septiese skok behandel word. 

Schwartz is aanvanklik in die waaksaal van ’n Gautengse hospitaal opgeneem, maar is volgens Corné Oosthuizen, sy bestuurder van CO Productions, Dinsdag na ’n gewone saal oorgeplaas. 

Volgens Oosthuizen het ’n kiem moontlik via die poort waardeur hy medikasie vir motorneuronsiekte (MNS) ontvang, toegang tot sy liggaam gekry en die septiese skok veroorsaak.

Die poort is in sy bors ingeplant.

Sy hospitalisasie hou dus nie direk verband met die MNS wat in April 2018 by hom gediagnoseer is nie. Schwartz het Maandagoggend ’n operasie ondergaan om die poort te verwyder. Oosthuizen sê dokters wag nog op die uitslae van die gekweekte kultuur van die infeksie om dit te kan identifiseer.

Sodra dit gedoen is, kan dit behandel word. Wanneer die infeksie 100% in bedwang is, sal ’n nuwe poort ingeplant word. – Ischke van Eeden

Meer oor:  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.