Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
André Schwartz vaar goed ná operasie

Die Afrikaanse sanger André Schwartz het Maandagoggend ’n operasie ondergaan om die poort te verwyder waardeur hy vermoedelik ’n infeksie opgedoen het.

“Dit gaan baie goed met André. Alles het goed afgeloop. Hy is wakker en terug in die waakeenheid,” het Corné Oosthuizen van CO Productions gesê.

André Schwartz word in ’n hospitaal vir septiese skok behandel.Foto: Deaan Vivier

Schwartz ontvang sy medikasie deur die poort vir motorneuronsiekte (MNS) wat in April 2018 by hom gediagnoseer is.

Hy is Vrydag weens septiese skok in die waaksaal van ’n Gautengse hospitaal opgeneem.

Volgens Oosthuizen het ’n kiem moontlik via die poort toegang tot sy liggaam gekry en die septiese skok veroorsaak. Sy opname hou dus nie regstreeks met sy siekte verband nie. Hy sal na verwagting Dinsdag na ’n gewone saal oorgeplaas word.

Intussen wag dokters nog op die uitslae van die gekweekte kultuur van sy infeksie om die kiem te identifiseer.

“Sodra dit geïdentifiseer is, kan dit behandel word. Wanneer die infeksie 100% in bedwang is, sal ’n nuwe poort ingeplant word.”

Oosthuizen het vroeër Schwartz se aanhangers verseker dat geen van sy optredes deur sy opname in die hospitaal geraak sal word nie.

Die sanger André Schwartz het Vrydag hierdie foto van homself in ’n hospitaalbed op Facebook gedeel.Foto: Facebook/André Schwartz

“Dit gaan baie goed en hy was gisteraand (Sondagaand) in ’n goeie luim,” het Oosthuizen gesê.

Schwartz is binnekort terug op die verhoog in sy produksie Die Pad, wat die gehoor op reis deur sy lewe van kindsbeen tot nou sal neem.

Lees  André Schwartz se facebook-inskrywing hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.