Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Andrew kerk toe saam met koningin

’n Dag nadat koningin Elizabeth haar geliefde kleinseun Harry en sy vrou, Meghan, hul vryheid as senior koninklikes gegee het, het sy saam met haar seun prins Andrew ’n kerkdiens op die koninklike landgoed Sandringham bygewoon.

Andrew, wat einde verlede jaar sy uittrede as koninklike aangekondig het weens druk oor sy omstrede vriendskap met die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein, het die afgelope naweek saam met sy ma en pa, prins Philip, in die Wood Farm-kothuis op Sandringham deurgebring.

Sondag was die eerste keer dat Andrew saam met sy ma in die openbaar verskyn het.

Die koningin het haar gebruiklike pêreloorbelle en pêrelhalssnoer gedra. Foto: AP
Prins Andrew kan ná sy vroeë aftrede einde verlede jaar as koninklike private geleenthede soos kerkdienste saam met die koninklike gesin bywoon.Foto: AP

Hy het Kersdag die vroegoggenddiens saam met ander lede van die koninklike familie bygewoon en liefs die elfuurdiens misgeloop.

Andrew moes sy rol as senior koninklike einde verlede jaar vaarwel toeroep ná ’n rampspoedige TV-onderhoud waarin hy sy vriendskap met Epstein probeer verdedig het.

Koningin Elizabeth word by die St. Maria Magdalena-kerk verwelkom. Prins Andrew het die diens saam met haar bygewoon.Foto: AP

Andrew het in die onderhoud gesê hy kan glad nie onthou dat hy Virginia Roberts Giuffre ontmoet het nie. Roberts Giuffre beweer sy is deur Epstein gedwing om met vriende van hom seks te hê, onder andere met Andrew. Die prins ontken ook dié bewering.

Epstein het homself in Augustus verlede jaar in sy tronksel opgehang. Hy was verhoorafwagtend op klagte van onder meer die sekshandel van minderjariges.

Meer oor:  Prins Andrew  |  Koningin Elizabeth  |  Prins Harry  |  Koninklike Familie  |  Kerk  |  Koningin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.