Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aquaman takel Star-Lord oor plastiekbottel

Jason Momoa, die Amerikaanse akteur wat die rol van die onderwatergod Aquaman in die DC-flieks vertolk, was nie baie gelukkig dat een van sy mede-akteurs op ’n foto ’n plastiekbottel in sy hand hou nie.

Mamoa het die Amerikaanse akteur Chris Pratt, wat die rol van Star-Lord in die Marvel-fliek Guardians of the Galaxy vertolk het, dié week op Instagram aangespreek nadat hy ’n plastiekbottel in ’n fotosessie gebruik het.

“Bra, ek is lief vir jou. Moenie plastiek net een keer gebruik nie, komaan,” het Mamoa onderaan ’n foto geskryf van Pratt wat op ’n trapmeule staan.

Jason Mamoa vertolk die rol van Aquaman. Foto: Twitter/ Aquaman Movie

Pratt sê in dié foto dat hy saam met Amazon werk sodat hy vir gebruikers kan wys wat hy alles vir sy oefensessies gebruik.

Hy het amper dadelik op Mamoa se inskrywing gereageer en sê as hy reg onthou, het hy die plastiekbottel gekry omdat hy nie geweet het wat om met sy hande te doen nie. Hy het bygevoeg dat hy altyd ’n herwinbare waterbottel saamdra.

“Ek is lief vir jou ook, pel. My fout. Ek wil nie hê jou huis in Atlantis* moet met plastiek bestrooi word nie. Hoor julle dit kinders? Verminder. Hergebruik. Herwin,” het Pratt geskryf.

Die “gewraakte” foto van Chris Pratt met ’n plastiekbottel in die hand. Foto: Instagram

Mamoa het Pratt Woensdag op Instagram verskoning gevra omdat hy hom in die openbaar aangevat het, waarna die teregwysing wyd op sosiale media versprei is.

“Bra, soos jy weet, is ek en my kinders dol oor jou en alles wat jy doen. Ek is jammer my inskrywing is so sleg ontvang en dit was nie my bedoeling dat dít moes gebeur nie,” skryf Mamoa.

Mamoa sê in sy inskrywing dat hy passievol daaroor is dat mense nie net plastiek een keer gebruik nie en dat die gebruik van plastiekbottels gestaak moet word.

Hy het daarna vir Pratt gesê hy is ’n inspirasie en ’n foto van hom, sy kinders en Pratt gedeel.

*Atlantis is die onderwaterhuis van Aquaman en al sy inwoners.

Jason Mamoa het ’n foto van hom, sy kinders en Chris Pratt op Instagram gedeel. Foto: Instagram

Meer oor:  Jason Momoa  |  Chris Pratt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.