Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Aretha: ’n Laaste vaarwel aan ’n musiekikoon

Jonk en oud, bekend of nie, het Vrydag hul laaste vaarwel gesê aan die musiekikoon Aretha Franklin.

Die burgerregteaktivis eerw. Jesse Jackson, die sanger Stevie Wonder, asook oudpres. Bill Clinton was onder diegene wat Franklin se begrafnis bygewoon het.

Dit was ’n gepaste vaarwel aan die vrou wat alombekend as die Koningin van Soul bekend gestaan het.

Oudpres. Bill Clinton was een van die sprekers. Foto: CNN

Volgens Detroit Free Presswas daar selfs rye en rye pienk Cadillacs wat buite die kerk gestaan het in verwysing na Franklin se 1985-treffer “Freeway of Love”, waarin sy sing: “We goin’ ridin’ on the freeway of love in my pink Cadillac.”

Mike Duggan, Detroit se burgemeester, het op die begrafnis gesê dat hy een van die parke in dié stad, waarin Franklin gewoon en gewerk het, na haar gaan noem, berig CNN.

Faith Hill en Ariana Grande was onder die musikante wat op die begrafnis by die Greater Grace Templeopgetree het.

Clinton het op die begrafnis gesê: “Sy het die stem van ’n generasie gehad, miskien die stem van ’n eeu.”

Almal, jonk en oud, bekend of nie, het hul laaste vaarwel gesê aan ’n musiekikoon. Foto:
Eerw. Jesse Jackson was een van die sprekers op die begrafnisdiens. Foto: Reuters

’n Brief deur oudpres. Barack Obama is ook op die begrafnisdiens voorgelees.

Franklin het by Clinton en Obama se presidensiële inhuldiging opgetree.

Sy was in Augustus verlede jaar op die verhoog in Philadelphia se Mann-sentrum in haar laaste optrede.

Die 76-jarige Franklin – wat oor verskillende genres van Soul, R&B, pop, gospel en jazz heen opgetree het – was veral bekend om treffers soos “Respect”, “” en “I Knew You Were Waiting (For Me)”, ’n duet met George Michael.

Sy is op 16 Augustus omring deur haar geliefdes by haar huis in Detroit oorlede.

Volgens Franklin se familie was haar pankreas-neuro-endokriene-kanker in ’n gevorderde stadium ten tyde van haar dood.

Franklin het 18 Grammys oor ’n loopbaan van ses dekades ontvang. In 2005 het sy die Amerikaanse Vryheidsmedalje ontvang. Sy was ook die eerste vrouesanger wat in die vername Rock and Roll Hall of Fame ingesluit is.

Ariana Grande het opgetree op die begrafnsdiens. Foto: Reuters
Eerw. Jesse Jackson kan voor Aretha Franklin se kis gesien word. Foto: Reuters
Meer oor:  Aretha Franklin  |  Detroit  |  Celebs  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.