Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Ariana Grande trou met eiendomsagent

Die popster Ariana Grande (27) het die naweek ewige trou aan haar kêrel beloof – vyf maande nadat hulle verloof geraak het.

Dié “Thank u, next”-sangeres en haar kêrel, Dalton Gomez (25), ’n eiendomsagent, het in Januarie verlede jaar begin uitgaan.

Die skinderpublikasie TMZ het Maandag oor die troue berig en Grande se verteenwoordigers het die huwelik aan die tydskrif People bevestig.

Volgens TMZ het Grande en Gomez by haar huis in Montecito in die suide van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië getrou.

“Dit was baie intiem – minder as 20 mense. Die paartjie se onderskeie families kon nie gelukkiger wees nie.”

Sy was in 2018 aan die Saturday Night Live-komediant Pete Davidson verloof, maar hulle het die verlowing ná vyf maande verbreek.

Grande was ook lank in ’n verhouding met die kletsrymer Mac Miller. Miller is vier maande nadat hy en Grande in 2018 opgebreek het aan ’n dwelmoordosis dood.

In 2017 het ’n terreuraanval by een van haar konserte in Manchester, Engeland, die lewe van 22 mense geëis. – Reuters

Meer oor:  Dalton Gomez  |  Celebs  |  Troue  |  Popsanger  |  Huwelik  |  Ariana Grande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.