Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Gloria Vanderbilt dood op 95

Die model, sosiale vlinder en skatryk erfgenaam van die Vanderbilt-miljoene, Gloria Vanderbilt, is in die ouderdom van 95 dood, berig CNN.

Gloria Vanderbilt in 1964. Foto: AP

Vanderbilt se seun, die TV-joernalis Anderson Cooper, werk by dié Amerikaanse TV-netwerk.

Vanderbilt, erfgenaam van die spoorwegmagnaat Reginald Vanderbilt, het onder meer ook klere en bykomstighede ontwerp. Sy was die pionier van ontwerpersjeans toe sy in die jare sewentig haar voorletters op ’n reeks jeans aangebring het.

Anderson het in ’n huldeblyk aan sy ma op CNN gesê “sy het haar hele lewe in die openbare oog geleef”.

Vanderbilt het in 1934 as tienjarige die bynaam “die arme ryk meisietjie” gekry omdat haar ma en tante mekaar in die hof getakel het oor toesig oor Vanderbilt en haar trustfonds van $5 biljoen.

Vanderbilt is vier keer getroud en drie keer geskei. In 1988 moes sy toekyk hoe een van haar seuns sy eie lewe voor haar neem. Carter, Anderson se ouer broer, het uit ’n venster van sy ma se woning op die veertiende verdieping gespring en hom dood geval.

Vanderbilt het aan gevorderde maagkanker gely. Sy is met haar dood omring deur vriende en familie, het Anderson aan CNN gesê. – Bronne: CNN, Variety, AP, verwerk

Die TV-aanbieder en joernalis Anderson Cooper en sy ma, Gloria Vanderbilt, in 2016. Foto: AP

Meer oor:  Gloria Vanderbilt  |  Anderson Cooper  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.