Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Arnie lê nie klag teen skopper

Arnold Schwarzenegger stel glo nie belang daarin om ’n klag in te dien teen die man wat hom Saterdag in die rug geskop het nie.

’n Skermgreep van die video van Arnold Schwarzenegger wat in die rug geskop word tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Foto: Youtube/ World's Strongest Fan

Videos van dié voorval is wyd op sosiale media versprei. Dit wys hoe dié voormalige goewerneur van Kalifornië en bekende aksierolprentakteur onverwags deur ’n onbekende man aangeval word terwyl hy ’n Snapchat-video opneem by die Arnold Classic Africa in Sandton.

In een van die videos skree die skopper, “Help my, ek soek ’n Lamborghini.

Cassandra Gudlhuza van Black Circle Communications, woordvoerder wat namens die geleentheid optree, sê Schwarzenegger stel nie belang daarin om ’n klag teen die skopper indien nie.

“Ons weet nie wie dié man is nie,” het Gudlhuza Sondag gesê.

Schwarzenegger is in Suid-Afrika vir die Arnold Classic Africa, ’n multisportbyeenkoms.

Volgens hul webblad word dié fiksheidsbyeenkoms jaarliks op ses kontinente aangebied, waar atlete in verskillende sportkodes teen mekaar meeding.

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger  |  Sandton  |  Politikus  |  Skopper  |  Rolprentster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.