Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Baba no. 2 doeks al sedert Julie in Timberlake en Biel se huis
Jessica Biel by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap-gholftoernooi in Carnoustie, Skotland in September 2019, waar haar man, Justin Timberlake, stokke geswaai het. Foto: Reuters

Die sanger Justin Timberlake en Hollywood-aktrise Jessica Biel se tweede kind is gebore.

Na maande se bespiegelinge het Lance Bass, wat saam met Timberlake in die popgroep NSYNC was, die nuus Vrydag bevestig.

Volgens Daily Mail het Biel reeds in Julie die lewe aan ’n seuntjie geskenk. Timberlake (39) en Biel (38) het nog nie die nuus self bevestig nie.

Bass het aan Katie Krause van Entertainment Tonight onthul dat hulle voor almal van die baba se koms geweet het.

“Dit was ’n prettige viering en hulle is baie, baie gelukkig!” het hy gesê.

Die egpaar, wat in 2012 getroud is, is reeds die trotse ouers van hul 5-jarige seun Silas.

Bass wou egter nie besonderhede oor die jongste toevoeging tot die Timberlake-gesin deel nie, maar het gesê Justin stuur gereeld foto’s, berig The Hollywood Reporter. Hy het egter gesê dat die baba baie oulik is.

“Dis Justin en Jess se baba! Natuurlik is die baba oulik!”

‘Hierdie twee mense maak moederskap die beste werk in die wêreld,’ het Jessica Biel by hierdie foto in Mei vanjaar op Instagram geskryf toe haar swangerskap reeds ver gevorderd was. Foto: Instagram/jessicabiel

Timberlake en Biel is op 25 Maart laas in die openbaar gesien en bring hulle baie tyd by hul huis in Big Sky, Montana deur.

Die paartjie deel ook sedert Maart foto’s van mekaar, maar nie in een van die foto’s wys Biel haar onderlyf nie.

Die nuus oor die geboorte van die egpaar se seun kom net agt maande nadat Timberlake betrap is waar hy met sy medester Alisha Wainwright (31) kafoefel tydens ’n aand uit in New Orleans, Louisiana.

Timberlake het later sy vrou om verskoning gevra vir sy gedrag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.