Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Bachelorette’-paartjie het Covid-19

Die sterre van die werklikheidsreeks The Bachelorette South Africa het Covid-19 onder lede.

Qiniso van Damme (28) en die man op wie sy haar hart op die program verloor het, Gareth Ehret (27), het Woensdagaand gesê hulle het die virussiekte.

“Aan almal wat ook Covid-19 het, word gou gesond. Ons dink aan julle en stuur vir julle liefde. Dit is moeilik, maar ons sal dit saam doen,” sê die aktrise en model Van Damme.

“Ons sou Donderdag na Kenia vertrek het, maar toe begin ons ’n bietjie siekerig voel,” sê Ehret in ’n Instagram-video.

Qiniso van Damme en Gareth Ehret gedurende die verfilming van ‘The Bachelorette SA’.

In die video sit die paartjie, albei in swart geklee, voor ’n kaggelvuur. Hulle kyk kort-kort vir mekaar terwyl hulle die boodskap oordra.

“Ons het besluit om ons te laat toets, en dit is positief. Ons self-isoleer al die afgelope paar dae en fokus net daarop om beter te word,” sê Ehret.

“Ons gaan volgende Vrydag Kenia toe, en ons kan nie wag om ons reis met julle te deel sodra ons beter is nie.”

Ehret sê hulle gaan ná hul besoek aan Kenia ook ’n draai by Van Damme se familieplaas in Eswatini (Swaziland) maak.

“Dit gaan ons eerste ordentlike reiservaring saam wees,” sê hy.

“Vir nou fokus ons daarop om gesond te word sodat ons die volgende maand met ’n oorvloed energie en vreugde kan aanpak.”

Qiniso van Damme en Gareth Ehret deel meer oor hul diagnose. Foto: Skermgreep

Van Damme en Ehret het twee weke gelede aanhangers se harte warm laat klop toe hulle die eerste seisoen van The Bachelorette SA  as paartjie geëindig het.

Ehret, ’n bemarker van Kaapstad, het ’n ring aan Van Damme se vinger gesteek as belofte van getrouheid.

Hulle plaas gereeld foto’s en video’s van mekaar op sosiale media.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.