Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Beatrice maak troudatum in Januarie bekend

Die gewag op prinses Beatrice se troudatum is uiteindelik amper verby.

Beatrice en haar Italiaanse verloofde, Edoardo Mapelli Mozzi, sal in die tweede week van Januarie hul troudatum bekend maak. Die troue sal in die Britse somer plaasvind, moontlik in Junie, maar nie in die week van die Ascot-perdewedrenne nie, het die Britse media Sondag berig.

Die week van die Ascot-perdewedrenne is een van koningin Elizabeth se gunsteling-weke op die sosiale kalender.

Prinses Beatrice en haar verloofde, Edoardo Mapelli Mozzi, is Vrydagaand in Londen afgeneem waar hulle die Russiese sakeman Efgeni Lebedef se Kerspartytjie bygewoon het. Foto: GC Images

Beatrice, oudste dogter van prins Andrew en sy gewese vrou, Fergie, het in September aan Mozzi verloof geraak.

Gissinge oor of Beatrice weens die wolk om haar pa se kop in die buiteland sal trou, het ook weer kop uitgesteek, berig die Sunday Express. Gerugte dat Beatrice sal verkies om in die buiteland, veral Italië, te trou om die media-aandag te verminder, doen reeds sedert haar en Mozzi se verlowing die ronde.

Beatrice, wat as meer privaat as haar jonger suster, prinses Eugenie, bestempel word, sal nie dieselfde prominente troue as Eugenie hê nie, maar ’n kleiner familietroue verkies.

Indien sy in die buiteland trou, sal nie koningin Elizabeth of prins Philip die troue bywoon nie, omdat albei reeds vir jare nie na die buiteland reis nie.

Andrew se rol in die troue sal ook moontlik verminder word om die koninklike familie enige verdere verleentheid te spaar.

Sy vriendskap met die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein laat reeds jare lank ’n onaangename reuk in paleisgange, maar Andrew se onderhoud vroeër vanjaar met die BBC se Newsnight het uiteindelik daartoe gelei dat hy sy koninklike pligte en salaristjek moes laat vaar.

Druk op Andrew om die Amerikaanse federale speurdiens se vrae oor sy vriendskap met Epstein te beantwoord, word ook al hoe meer. – Bronne: The Sunday Express, Mailonline en Hello!; verwerk.

Meer oor:  Prins Andrew  |  Troue  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.