Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Beckham kry bestuursverbod ná selfoon agter stuur

David Beckham mag vir die volgende ses maande nie ’n motor bestuur nie nadat hy gevang is waar hy sy selfoon agter die stuur gebruik het.

David Beckham buite die hof. Foto: Getty Images

Beckham (44), voormalige Britse sokkerster, het by ’n vorige geleentheid in die hof erken hy was op die selfoon terwyl hy op 21 November verlede jaar in Sentraal-Londen sy Bentley bestuur het, berig die BBC.

Hy het in stadig bewegende verkeer sy selfoon gebruik en is deur ’n lid van die publiek afgeneem. Hy het die foon laag naby sy knieë gehou toe hy dit gebruik het.

Beckham is met ses punte op sy rybewys gestraf en met £750 beboet. Hy moet ook £100 in vervolgingskoste betaal en ’n bybelasting van £75.

Hy het reeds ses punte op sy rybewys gehad en nou met 12 punte skop die bestuursverbod in, berig CNN.

“Pleks daarvan om reguit voor hom te kyk en aandag aan die pad te gee, het hy afgekyk na sy skoot waar hy op knievlak besig was op sy foon. Die getuie het ’n foto daarvan geneem,” het Matthew Spratt, die aanklaer, gesê.

Meer oor:  David Beckham  |  Londen  |  Rybewys  |  Selfoon  |  Boete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.