Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Beckham-spruit lyk nou op 'n haar na bekende redakteur

Terwyl mamma Victoria Sondag haar 2019-herfs/winter-reeks in Londen bekend gestel het, was dit die jongste Beckham-spruit wat die koppe laat draai het toe sy op ’n haar na soos Anna Wintour in die voorste ry langs die loopplank gelyk het.

Harper Beckham met ’n haarstyl nes dié van Anna WintourFoto: Getty Images
Hy het ’n foto van Harper en Wintour se hare van agter geneem. Foto: Instagram/ David Beckham

Die 11-jarige Harper se hare was in ’n kort bob met ’n kuif gesny, nes die kenmerkende haarstyl van Wintour (69), hoofredakteur van die Amerikaanse uitgawe van die modetydskrif Vogue.

Die hele Beckham-gesin was oudergewoonte daar om Victoria te ondersteun. Hulle sit ook gereeld by Wintour by modevertonings.

David Beckham was so geamuseerd deur sy klein “mini-Anna” dat hy ’n foto van Harper en Wintour op Instagram geplaas het met die onderskrif: “Wie lyk beter daarmee?”

Hy het selfs ’n foto van hom saam met die ander twee geplaas, waar hy vir homself ’n soortgelyke haarstyl gegee het, maar hy voeg by dat hy glad nie kan meeding nie.

Die gewese sokkerster het vroeër vanjaar in ’n onderhoud gesê hy was aanvanklik nie baie geneë om sy dogter se hare te sny nie, berig die Evening Standard.

“My vrou het gesê dis dalk tyd dat ons Harper se hare sny. Ek wou nie hê ons moet daaraan raak nie. Ons het nog nie haar hare geknip sedert sy gebore is nie. Dis hoekom dit so te sê op haar knieë gehang het.”

David Beckham het dié foto van hom, Harper en Anna Wintour geplaas. Foto: David Beckham/ Instagram

Meer oor:  Victoria Beckham  |  Anna Wintour  |  David Beckham  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.