Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bekende Disney-stemakteur op 35 dood

Die stem van Michael (Mikey) Blumberg in Recess, die voormalige gewilde Disney-animasiereeks, sal vir ewig stil wees nadat Jason Davis, die akteur agter Mikey se stem, Sondag dood is.

Davis se ma, Nancy Davis Rickel, sê in ’n verklaring aan The Hollywood Reporter dat Davis Sondagoggend in Los Angeles, Kalifornië, dood is. Hy was 35 jaar oud.

Jason Davis is Sondagoggend Amerikaanse tyd dood. Foto: Getty Images

“My hart is stukkend waar ek die hartseerste nuus van my lewe moet deel. My seun, Jason Davis, is vanoggend in Los Angeles dood. Jason het ’n ware hart van goud gehad met so ’n geesdrif vir die lewe,” lui die verklaring.

Nancy sê haar seun was iemand wat omgegee het vir ander en wat bo alles lief was vir sy vriende en familie. Sy het vir privaatheid gevra sodat die familie Davis se dood kan verwerk.

Hoewel Davis kleiner rolle in flieks en reekse soos Roseanne, 7th Heaven, Rush Hour en Beverly Hills Ninja vertolk het, was hy sekerlik die bekendste as Mikey van Recess, wat van 1997 tot 2006 op die kassie was.

Mense het hulde aan die akteur gebring op sosiale media.

Davis was die stem van Mikey Blumberg in die animasiereeks ‘Recess’. Foto: Skermgreep


Die oorsaak van Davis se dood is nie bekend nie, maar hy het in die verlede met dwelms gesukkel.

Hy het in 2010 tot 2011 op die program Celebrity Rehab With Dr. Drew verskyn en ’n liefdadigheidsorganisasie Cure Addiction Now begin. Hy het hom die afgelope jaar en ’n half hieraan toegewy.

Davis word, benewens sy ma, Nancy, en pa, Nebil Zarif, deur twee broers, Brandon en Alexander, oorleef. Hy het ook twee halfsusters, Isabella en Mariella Rickel, nadat sy ma met sy stiefpa, Ken Rickel, getrou het.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.