Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bekende sjef postuum vereer

Die Amerikaanse glanssjef Anthony Bourdain is Sondag in Los Angeles met twee Emmy-eerbewyse bekroon vir sy gewilde TV-reeks, Parts Unknown, wat op CNN uitgesaai is.

Anthony Bourdain Foto: Argief

Bourdain (61) het homself in Junie om die lewe gebring.

Hy is met ’n Emmy, die hoogste eerbewys in die Amerikaanse TV-bedryf, vereer vir uitstaande skryfwerk in ’n niefiksie-program en deel ook ’n Emmy vir sy werk as aanbieder en uitvoerende regisseur vir die beste joernaalreeks.

Diegene wat ’n tegniese rol in die vervaardiging van die program gespeel het, is ook vereer en nog drie Emmys is toegeken vir onder meer redigering en klank.

Die pryse is uitgedeel op die tweede aand van die Creative Arts Emmy-toekennings  waarin meestal tegniese kategorieë beoordeel word teenoor die glansryke Primetime Emmy-toekennings wat op 17 September plaasvind.

Bourdain is tussen 2013 en 2016 vier keer agtereenvolgens met ’n Emmy bekroon as vervaardiger van Parts Unknown. In 2014 het hy ook ’n gesogte Peabody-toekenning ontvang.

Bourdain, wat sy pad van skottelgoedwasser oopgewerk het tot een van televisie se bekendste sjefs, is op 8 Junie in Frankryk dood waar hy aan die 11de seisoen van sy program gewerk het. Sy lyk is in sy hotelkamer in Straatsburg aangetref waar hy homself opgehang het.

Meer oor:  Emmy  |  Parts Unknown  |  Anthony Bourdain  |  Los Angeles  |  Sjef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.